Nou ja, so het spekulasie realiteit geword en het Span STP, alias Smittie Thorsten en Patrick, Donderdag 18 September 2025 vertrek na die Outenikwa 400 Veldren wat vir die eerste keer op die Louvain Gasteplaas in die Langkloof aangebied is.
SARR Roetedirekteur, Evan Hutchison het dit beskryf as die beste terrein nog wat hy deelnemers kon bied in die SA Rally-Raid kampioenskap met tegniese bergpasse en selfs die 1776 ossewa roete wat die Langkloof vallei met die kus verbind het.
Paaie is verbreed om die “wyer” T+ voertuie te akkommodeer en hy het deelnemers verseker dat hoewel meeste van die roete geskraap was, dit geensins onderskat moes word nie.
Die versoeking om die eerste amptelik veldren in die Tuinroete by te woon net eenvoudig te groot en daar is inderhaas akkommodasie bespreek sowat 35km vanaf Louvain en die grappige voorstel is omgeskakel in aksie.
Bekend as ‘n Super Byeenkoms het die Outenikwa 400 bestaan uit die Falken Wild Peak Prologue, oftewel voorren, oor 38km op die Vrydag oggend met die eerste Trajek van 84km in die namiddag. Saterdag opgemaak uit twee sneltrajekte van 178km elk vanuit die Louvain Gasteplaas.
Die inskrywingslys het bra skraps gelyk met slegs negentien inskrywings, maar na afloop van die eerste 38km was dit duidelik dat niemand in die tuinroete was om die natuurskoon te absorber nie. Toestande in die vallei was droog, vinnig en stowwerig, maar die uitdagings het vinnig meer solied geraak teen die berghange waar die klippe goed vergelyk het met die enorme bande. Wat wel kommer gewek het was die feit dat die roete nie veel breër was as die T1+ voertuie so indien enigeen probleme sou ervaar sou die volgende deelnemer beslis tyd verloor in die digte stof.
Kwalifisering dus kritiek, maar dan was navigasie ook boonop ‘n uitdaging en daardie eerste paar deelnemers sou ook die roete mooi blootstel tot voordeel van die ander. Wou jy dus voor jaag, of sou daar voordeel wees in ‘n effense laer posisie op die roete? Nou ja, met die top tien wat hul uiteindelike posisie met ‘n loting van 1-10 kon maak was dit dus eenvoudig ‘n kwessie van wees die vinnigste.
Toyota Gazoo Racing eien die eerste twee posisies met Saood Variawa en Francois Cazalet #208 een enkele sekonde vinniger as spanmaats Guy Botterill en Oriol Mena Valdearcos #201. 38km word in 20min59 sekondes voltooi om die gemiddelde snelheid op bykans 109km/h te pen. Met topspoed van die T1+ voertuie elektronies beperk tot 170km/h het die hekpale (en die hekke was beswaarlik breër as die voertuie) behoorlik gebewe in afwagting!
Team Hilux Rally-Raid het #202 Giniel de Villiers en Dennis Murphy in die derde plek gehad met die #217 Castrol NWM Ford Rally Raid kombinasie van Brasilië se Marcos Baumgart en Kieber Cincea vierde.
Vyfde vinnigste was dit die Team Hilux Rally-Raid #239 van Fouché Blignaut en Bertus Blignaut. Die broers se doelwit om hierdie byeekoms têr ere van hul ontslape vader (Fouché Blignaut op 31 Augustus 2025 op die ouderdom 67 oorlede) suksesvol te voltooi. Met die hele familie teenwoordig het die byeenkoms spesiale betekenis gehad.
Jayden Els was die vinnigste bestuurder teenwoordig aldus die huidige bestuurder ranglys en met Johan Swmmer was hul sesde vinnigste in hul #250 Red Lined Motorsport Revo T1+ GTR.
Die enigste kombinasie wat nie die voorren kon voltooi was Puck Klaassen en Danie Stassen in die #602 GRally GT3 Challenger sy-aan-sy gogga.
Soos verwag was strategie têr sprake met die keuse van wesgpring posisies en die top tien volgorde was Gareth Woolridge, Guy Botterill, Saood Variawa, Jayden Els, Fouché Blignaut, Giniel de Villiers, Marcos Baumgart, Johan Horn, Danie Ludick rn Gary Bertholdt.
En na 84km het die stof gaan lê met Giniel de Villiers en Dennis Murphy ‘n skamele 24 sekondes vinniger as spanmaats Fouché en Bertus Blignaut met Marcos Baumgart en Kieber Cincea die verrassing in die derde posisie, een enkele sekonde vinniger as hul Castrol NWM Ford Rally -Raid spanmaats #277 Gareth Woolridge en Boyd Dreyer. #250 Jayden Els en Johan Swemmer vyfde met #303 Gary Bertholdt en Rikus Fourie sesde in hul Hilux IMT Evo.
Teen alle verwagtinge het Guy Botterille en Orion Mena Valdearcos tot sewende gesak nadat hul vir sowat ses minute die roete byster geraak het en spanmaats Saood Variawa en Francois Cazalet het hul in vydtiende plek bevind nadat hul die #208 Hliux op sy linkersy omgekeer het. Daar was die gebuiklike hartseer verhale van wat met wie ookal verkeerd geloop het, maar die goeie nuus is dat hierdie voertuie baie straf kon verduur en die werktuigkundiges was bekend daarvoor dat hul feitlik enige problem oornag kon laat verdwyn.
Twee rondes van 178km het die negentien deelnemers Saterdag goed besig gehou en nou het almal weggespring in hul posisies soos aan die einde van die eerste trajek, maar met vier minute stofgapings.
Giniel de Villiers en Dennis Murphy jaag oordeelkundig om uiteindelik met een minuut die algehele eerste posisie in te neem met hul #202 Ultimate FIA T1+ DKR Hilux, vir wat ongetwyfeld as ‘n tuis oorwinning beskou is en die gewilde Stellenbosser het. Hiermee is daar duidelik kennis gegee dat die 2025 kampioenskap pas begin het vir die Team Hilux Rally-Raid span.
Gareth Woolridge en Boyd Dreyer beindruk met ‘n baie vasberade poging onderweg na tweede algeheel vir die #277 Ultimate FIA T1+ Castrol NWM Ford Rally-Raid span en met hul Brasiliaanse spanmaats #217 Marcos Baumgart en Kieber Cincea derde beklink hul die spanprys. Laasgenoemde het die Louvain byeenkoms as sy beste vertoning terdeë geniet.
Fouché en Bertus Blignaut het Vrydag tyd ingeboet met ‘n gebreekte dryfas en Saterdag het ‘n tweede dryfas hul van die geleentheid ontneem om om eerste plek mee te ding, maar danksy bestendigheid het hul steeds ‘n goeie vierde plek ingepalmmet hul #239 Team Hilux Rally-Raid Hilux DKR, vyf sekondes voor ‘n baie vasberade Saood Variawa en Francois Cazalet wat vanuit hul aanvanklike vyftiende posisie puik herstel het in die #208 Ultimate FIA T1+ Toyota Gazoo Hilux IMT EVO.
Johan van Staden en Sean van Staden kon met reg trots wee op hul sesde plek algeheel in die imposante #402 Adventurer Renault Duster. Aanskoulik en die motor het behoorlik die nekhare regop gehou met ‘n klank wat enige motorsport entoesias beindruk het.
Philip Botha en Andries Mynhardt het bestendig vertoon onderweg na ‘n goeie sewende posisie in hul #333 Ultimate T1+ SA Red-Lined Motorsport Revo T1+ met Henk Klaassen en Gerhard Schutte in ‘n baie bemoedigende agtste posisie in hul #634 Challenger Daklapack Rallysport Taurus T3Max sy-aan-sy gogga.
Namibiërs, Marko Himmel en Francois Schoonbee, was onderweg na ‘n puik vierde plek algeheel toe hul #375 Ultimate T1+ SA Red-Lined Navara Evo ‘n wiel verloor het en hul inderhass moes plan maak. Negende plek nietemin goed onder omstandighede.
Dave Klaassen en Tessa Klaassen tiende algeheel in hul #334 Ultimate T1+ SA Daklapack Rallysport Revo GTR met ‘n teleurgestelde Guy Botterill en Oriol Mena Valdearcos elfde in die #201 Ultimate FIA T1+ Team Gazoo Racing tweede Hilux IMT EVO. Nadat hul die roete byster geraak het in die eerste been kon hul eenvoudig nie op die nou roete en digte stof veel doen om die verlore tyd in te haal. Puck Klaassen en Danie Stassen skuif in die twaalfde posisie in met hul #602 Challenger GRally OT3 sy-aan-sy gogga met Johan de Bruyn en Adriaan Roets dertiende in hul #401 Adventurer Red-Lined Revo T1+ GTR.
Jayden Els en Johan Swemmer beslis in ‘n teleurstellende veertiend plek met hul #250 Ultimate FIA T1+ Red-Lined Motorsport Revo T1+ GTR asook Johan Horn en Werner Horn in hul #300 Ultimate T1+ SA Team Hilux Rally-Raid Hilux DKR. Die finale span om geklassifieseer te word was Danie Ludick en Denzil Williamson in die #305 Ultimate T1+ SA Red-Lined Motorsport Revo T1+.
Gary Bertholdt en Rikus Fourie se bemoedigende aanslag het ten einde geloop toe die #303 Ultimate T1+ SA Hilux sonder ‘n linker agterwiel gestrand het terwyl die #241 Ultimate FIA T1+ Castrol NWM Ford Rally Raid Evo Plus van Wors Prinsloo en André Vermeulen ook nie die eindpunt kon haal. Geoff Minnett en Rodney Burke se netjiese #700 SSV Can-Am Maverick wou ook nie saam werk nie.
In die streek afdeling van die 2025 Outenikwa 400 was daar ses spanne teenwoordig, waarvan slegs twee die eindpunt sou haal. Grant en Gregory Watkins eerste in hul #31P Zarco en in die tweede plek was dit Noël en Annamarie Acton in hul #33B Orco.
Die #27B Jimco van Lionel Acton en Johannes Fourie, die #18P Raceco van Gerhard en Miggie van der Linde, die #63B Orco van Quinton Lessing en Branden Nielson en die #719B Viper van Derek en Chester Wilmot moes onttrek.
Gepubliseer deur Patrick Vermaak
Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.