Select Page

Op 21 Junie 2026 het ons Vadersdag gevier en ook die begin van die astronomiese winter, amptelik die kortste dag en die langste nag van die jaar (9 Uur 53 min), oftewel 4 Uur 30 min sonskyn as in die somer. Vir die meteoroloë is dit die astronomiese mylpaal (winter het reeds op 1 Junie in aanvang geneem) en vir die gewone mens beteken dit die dae word nou weer geleidelik langer in die suidelike halfrond.


Met twintig wedrenne op die 27 Junie 2026 program het dit egter beteken dat die eerste wedren van die vyfde rondte van die LPMPS reeds om 8h45 sou plaasvind en die laaste om 17h00. Sowat 221 deelnemers in 12 kategorië.


As ‘n reël bring mooi weer in die winter ideale ren toestande met koel temperature, droë oppervlaktes, geen wind en rekord rondte tye. Maar dan moet toestande werklik perfek wees om Nasionale Sonbrildag suksesvol te maak!


Laude Klassieke Motors 2×8 Rondtes
Met die blou ovaal suksesvol tydens die 104de Pike Peak Internasionale Heuwelren in die hande van Romain Dumas het die 2025 #125 Ford Super Mustang Mach E (EV) sekerlik beindruk – maar daardie “sirene” ? Romain Dumas (24 keer ‘n deelnemer aan die Le Mans 24 Uur) die houer van die algehele rekord tyd, 7min57.148 in die “sirene” aangedrewe Volkswagen I.D.R. Pike Peak in 2018 het die 19.99km, 156 draaie en klim vanaf 1440m tot 4302m vir ‘n sesde keer suksesvol oorheers met ‘n tyd van 8min18.202 (die derde vinngste tyd ooit).


Met die Mustang’s nie teenwoordig was dit Franco Donadio wat die dag weerenns oorheers het met die #32A Donadio Plant Hire “Little Chev” Can Am V8 met Boetie van Zyl tweede in die #72A Xtreme Auto Ford Fairmont GT 351ci (5.8 V8). Mark Uytenbogaardt het aanvanklik baie sterk vertoon in sy #36 Superior Elevators Ford Fairmont 287ci (4.7 V8), maar ‘n rare fout uit Damps Dip (Draai 3) het die groot motor taamlik hard teen die spermuut uitgespoeg.


Trevor Momberg was oudergewoonte op sy stukke in die effe onvoorspelbare toestande om die #73A M&E Auto Ford Capri V6 3.4 derde tuis te bring met die baie haastige #441B Cape Eye Laser Ford Escort MkI van Brian Evans in ‘n uitmuntende vierde plek. Seker omdat hy so goed kon sien in die mistige toestande!


Eric van der Merwe het seker gemaak almal kan die #89A Lynx Motorsport Porsche 944 Turbo duidelik sien en vyfde plek was nie te versmaai. Bruce Avern-Taplin beindruk weereens in die haastige #77B Execuspecs Toyota Corolla Sprinter in die sesde posisie algeheel. PW Louw sewende in sy #80 PWL Konsult Mazda RX2 Wankel en in die agtste plek was dit Layne Hutchings in die “langslewende” #74B HSC Racing VW Scirocco. Wayne Lötter negende in sy netjiese #120C Lotspeed Ford Escort Mk Ien die top tien afgerond deur Nicholas Fourie in sy #22D VW Golf MkII.


Zane Schonknecht ongelukkig om onderweg na Killarney vanuit Oos London van die pad te loop met sleepwa en al, maar hopenlik sal hy met die volgende byeenkoms terug wees.


Pirelli SBK / Uitdaging / Meesters / 600cc Motorfietse 2×8 Rondtes
Baie dun op getalle met slegs nege motorfietse teenwoordig ietwat van ‘n teleurstelling in wat sekerlik as die mees skouspelagtige kategorie beskou kan word op Killarney. Daar is nasionale renne op Aldo Scribante en dit was Ilse of Man TT so hopenlik net ‘n tydelike probleem.


Tristin Pienaar beindruk met 1min10.908 tydens die kwalifiserende oefening en domineer die verrigtinge op die #50 Missile Motorcycles Honda CBR1000SP. Eeden Heyns vertoon baie goed onderweg na tweede posisie algeheel met sy #82 Helderberg Car Clinic Kawasaki ZX10R en in die derde plek was dit die #79 Rokit Oxygen BMW S1000R met Coenie Botes terug in die saal. Michael du Toit netjies in die vierde plek op die #99 TWH Bridging Finance Yamaha R1 met Daniël Frost vyfde op sy #28 CHW Design Honda CBR1000 en in die sesde plek was dit Johan Saayman op die #177 RSRA Honda CBR600RR.


Juan van Dyk baie ongelukkig om sy kleurvolle #24 Coetzee Auto Coachworks BMW S1000RR in Sarel Sweep te plant, maar daar is altyd volgende keer.


API Property GTi Uitdaging 2×8 Rondtes
Die eens magtige GTi Uitdaging krimp aansienlik in getalle, met slegs 21 motors teenwoordig in drie klasse en slegs een in klas A. Klas C sekerlik een van die beste leerskole in motorsport en hopenlik voed dit weer binnekort die top klas.


Tans is daar geen teenstand vir Shane Williams in sy #46A Eurogrip VW Polo R6 maar klas B lewer goeie aksie met Zac Laden uiteindelik tweede algeheel in sy #64B Incledon VW Polo Sedan en Nur Abass derde in sy #8B Spice Mecca VW Polo R6. Daniël Sandenbergh vierde in sy #49B Eikestad Paneelkloppers VW Polo R6 en Adriano Ferroli vyfde in sy #4B Ferroli Performance Centre VW Polo R6. Die top ses afgerond deur Shaun Liebenberg in die #75B Liebenhof Wine Service VW Polo R6.


Klas C word gewen deur John Smith in die #66C SFX & Stunt VW Golf MkI gevolg deur die soortgelyke motors van Devon Dreyer, #68C API property Group, Tristan Joubert, #90 Powder Coating World, Daniël Munna, #33 API Property Group, Ismail Davids, #36C Cooltouch Racing, en André Roe, #70C DVE Motorsport.


Pro Oil Supercars 2×8 Rondtes
Danksy Glen Phillips (#1 Pro Oil/ Visionfin Accounting), Pierre Jordaan (#7 Lime/Dynamic Cleaning), Brad Fenner (#9 Pro Oil/Visionfin Accounting) en Andrew Moffit (#39 Greymo Construction) het die Owen Ashley Supercars goed vertoon met ‘n lewendige stryd op die baan.


Die top drie het in die volgorde geeindig terwyl Moffit ongelukkig was om te tol in Blockkoin (Hoals Hoek). Kyle Hallick (#31 Pro Oil/Visionfin Accounting) vierde en Nashrené Schloss (#24 Lime/VCIB) vyfde. Die top ses afgerond deur die eksperimentele Toyota aangedrewe #36 Lime/VCIB inskrywing van Robin de Vos.


Stadig maar seker klim die getalle en kwaliteit


Kaltron Fine Cars 2×8 Rondtes
Onvoorspelbaar met motors wat tegnies oral benut kan word en die enigste reeks waar die uitslag op verrigtings indeks bepaal word, nie die posisies verby die geruite vlag.


Die altyd bestendige Roger Lewis (#2 MGA) eerste op Verrigtingsindeks met Jakes Wallage (#122 Jaguar) tweede, Di Dugmore (#91 MGA) derde en Natasha Tischnedorff (#1 VW Jetta Cli) vierde.


Cadiz BMW CCCT Race Series 2×8 Rondtes
Klasse A,B,C lok slegs twee inskrywings, maar klasse D.E,F sorg vir baie aksie in die 32 sterk veld. Connor Kilbride jaag foutloos in sy #142A Racing Spirit BMW E46 M3 om gemaklik eerste algeheel te eindig met Dillon Joubert tweede in sy #44C Powder Coating World BMW E36 en in die derde plek was dit Sharief Reynolds in sy #66D BMW Constantia Parts F87 M2.


Ernest Page in sy #19D CRA Racing BMW E36 328i 3.0 eindig vierde met Kobus de Kock in ‘n goeie vyfde met sy #77D Interactive Signs BMW E36 328i 3.0. Hanry Biddlecombe sesde in sy #242D Racing Spirit BMW E36 328i 3. Johan Koekemoer sewende in die #24 Valuecrete BMW E46 330i met Lloyd Brady agtste in sy #41D Schildcrote Racing BMW E90 330i. Die top tien afgerond deur Yanni Hatzi in die #28D Lemon BMW E36 328i 3.0.


Shane Boscombe wen klas E in sy #18E CRA Racing BMW E36 328i met Zac Laden tweede in sy #64E Icledon BMW E36 328i. Barry Williams derde in sy #117E Tribrake &Clutch Stikland BMW E90 330i. Daniël Blaser wen klas F in die #32F Traction BMW E36 328i met Wian Louw tweede in sy #81F DS Cars BMW E46 330i en Delan Jongkind derde in sy #96 The Ultimate Detailer BMW E36 328i.


Pirelli STC650 & SSP300 Motorfietse 2×8 Rondtes
Slade van Niekerk onstuitbaar op sy #96 Project60 Kawasaki ER650 met Max Munton tweede op sy #14 Sunscan Kawasaki ER650. Nogal iets om die twee saam op die baan dop te hou want dit lyk nie asof hul dieselfde renbaan deel nie – total verskillende styl!


Nicholas Hutchings kruip nader in die derde plek op sy #72 Missile Motorcycles Kawasaki ER650 met Hilton redelinghuys vierde op die #65 Kawasaki ER650, Klint Munton vyfde op sy #14 Sunscan Kawasaki ER650 en in die sesde plek was dit Adrian Solomon op die #4 The Pool King Kawasaki ER650.


Bradley Mustoe wen die SSP300 kategorie op sy #07 CCHSA KTM RC390 met Liam Carstens tweede op die #42 Missile Motorcycles Kwasaki RX400 en in die drede plek was dit James Luyt op sy #74 RSRA Kawaasaki Ninja 400. Julian Ferreira vierde op sy #178 Promar Projects KTM RC390.


Warwick Wealth Sports & GT Cars 2×8 Rondtes
Tate Bishop beoog om met die SAES 6 Uur op Killarney in sy “nuwe” sentrale kajuit koolstofvesel 643kg, 365bhp Praga R1 Renault F4R 2.0 Turbo mee te ding. Van Tsjeggiese herkoms spog hierdie 2013 ontwerp met aerodinamiese druk wat sy eie gewig oortref teen 201 km/h met ‘n topspoed van 282 km/h.


Dawie Joubert sekerlik die gunsteling in sy pragtige DJR Nova Proto, maar die motor word ernstig beskadig tydens ‘n Donderdag oefening nadat die remme in Blockkoin (Hoals Hoek) gefaal het met Nian du Toit agter die stuur. Baie soortgelyk aan die insident wat Dee-Jay Booysen onlangs beleef het in die Reynard Formule VW. Beide gelukkig om met geringe beserings te ontsnap.


Gary Kieswetter wen gemaklik in die #43 Advanced Packaging Technology Ginetta LMP2 G57 met Steve Humble tweede in die #11 Ravenol Pilbeam MP84 en derde was dit Robe Franco in sy #61A Graphix Supply World Audi R8 5.2 GT3. Wayne Hoffman vierde in die #27A Hoffman property Group Porsche 992 GT3 Cup met Divan Wentzel vyfde in die #48B Motul Porsche GT3 Cup. Die top ses afgerond deur Sean Moore in die #1 Endcliff V8 Master APV 347is met Fabio Tafani kort op sy hake in die #3 Club Refrigeration APV 347is.


Connor Kilbride wen klas C in die #142C Racing Spirit BMW E36 M3, GaryThomson wen klas D in die #17 APV 347is.


Pirelli Clubman / Classic / Breakfast Run Motorcycles 2×8 Rondtes
Wayne Gresse het aanvanklik as die waarskynlike wenner gelyk op die #95 Tony’s Motor Spares Honda CBX1000, maar sou uiteindelik terugsak na die vierde posisie algeheel. Saud Adams (#66 Honda CBR600RR) en Gerhard Joubert (#47 Triumph Daytona 675) het mekaar die stryd aangesé om oorwinning met Adams wat uiteindelik algeheel sou wen.


Craig Benn het groot indruk gemaak, maar adrenalien laat hom nie ag slaan op ‘n rooi vlag en moontlike oorwinning word kortpad huistoe vir die dag – maar glo hy sal terug wees met ‘n les geleer.


William Morries jaag bestendig op die #34 Kevin Schwantz Pepsi MB Aircon Strand Suzuki GSXR1000 om gemaklik derde te eindig met Michael Bekker vyfde op die #18BR KTM SMR990. Mario Ferreira sesde op die enorme #44 Promar Projects Cagiva V-Raptor 1000.


Thermo Fires Clubman Saloons 2×8 Rondtes
Na ‘n geruime afwesigheid was Jess Huggett terug met die VW Jetta bykans geheel en al ombou. Vir oulaas met die nommer 70 op die deure, want Sondag is sy 71ste verjaardag? Jess Huggett en Shane Justus egter vroeg klaar vir die dag met onbekende probleme.


Jaco Lambert weereens amper verspot maklike wenner in die #29A AL Auto performance VW Polo 1.8 met Steve Gouws tweede in die #34A Thermo Fires VW Jetta 2.0 Turbo. Mario Roux derde in sy #20B Automar VW Polo R6 met Ian Kapp vierde in die #65C Hydrocor Hydraulics VW Polo R6. Dillon Joubert die eerste agterwiel aangedrewe motor tuis in die #1C Powder Coating World BMW E46 330i met André Johnson sesde in die pragtige 1993 #8 Audi S4.


Quintin Carstens wen klas D in sy #119 Strand Anodising BMW E36 terwyl André van der Merwe klas E wen in die enorme #123 Huguenot Vallei Minerale Water Chrysler C300. Adam Omar die wenner in klas F met sy #24 F&S Transport VW Golf MkI 2.0.


Bejo Trustees Formule Libre 2×8 Rondtes
Storm Lanfear wen gemaklik in sy #27 Reynard FVW met Dee-Jay Booysen tweede in sy #20 Reynard FVW. Joshua Smit derde in sy #83 S&S Racing Rhema FV na ‘n verbete stryd. Byron Mitchell vierde in die Kelly Fletcher #22 Dolphin Engineering Forza FV met Courtney Steenveld vyfde in die #69 Richard Carr Racing Rhema FV en die top ses afgerond deur Richard Carr in sy #8 ERA Racing Forza FV.

Gepubliseer deur: Patrick Vermaak

Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.