Select Page

Zulch Motorsport het vanaf 1988 tot 1997 meegeding in die Westelike Provinsie Tydren streek kampioenskap (vanaf 1964 die oudste streek kampioenskap van enige sportsoort in Suid Afrika). Die doelwit was om tien jaar deel te neem en effe teen die verwagtinge het die privaat span daarin geslaag om as die suksesvolste privaatspan uit te tree. Slegs die amptelike Toyota Handelaarspan met Serge Damseaux het hul prestasies oortref.

Johannes Bernard Zulch het sy motorsport loopbaan begin op 25 Februarie 1985 in sy privaat Ford Sierra 3.0 toe hy aan WPMK (Denis Joubert) se eerste GpN wedren op die Killarney renbaan deelgeneem het. Dit was egter gou baie duidelik dat die term “standaard” op vele maniere interpreteer kon word en dat ‘n stewige begroting sou nodig wees net om mededingend te bly.

Vroulief , Ernetta, se kanarie geel 1980 Ford Escort 1600 Sport word met groot teenkanting “geleen” om deel te neem aan die 1987 IGI naeltydren op Ceres en die gogga byt.

Met sy enkele stel tydrenbande in die sleepwa agter die Ford gehaak is vrywillige vriende aangemoedig as navigators sonder enige borgskap, onderdele of diensspan nae n van byeenkomste gery kompleet met hordjiesskerm op die agterruit, werkende radio, alle bekleedsel met skaapvel oortreksels en standaard sitplekgordels.

Gou bekend as die geel “Shopping Trolley” is enige aanpasings na elke byeenkoms verwyder sodat Ernetta die motor as skool onderwyser kon benut. Francois van der Merwe en Johann Rabe die rigtingwysers totdat Patrick Vermaak vanaf die 1991 seisoen aangesluit het.

Beslis nooit een van die vinnigste motors nie, dui die rekords eerder op onberispelike voorbereiding en merkwaardige prestasies:

1988   Neem aan slegs vier tydrenne deel.

1989   1ste vol seisoen in WP Tydrenkampioenskap

            4de Algeheel WP Bestuurders kampioenskap  en 1ste Klas D

            Voltooi 9 uit 9 byeenkomste

1990   2de vol seisoen in WP Tydrenkampioenskap

            4de Algeheel WP Bestuurders kampioenskap en 2de Klas D

            Voltooi 13 uit 13 byeenkomste

1991   3de vol seisoen WP Tydrenkampioenskap

            12de Algeheel WP Bestuurders kampioenskap en 4de Klas D

            Voltooi 12 uit 15 byeenkomste. 2 nie begin en 1 onttrekking

1992   4de vol seisoen WP Tydrenkampioenskap

            3de Algeheel WP Bestuurders Kampioenskap en 1ste Klas D

            1ste Algeheel Pop’s Robert Interklub Tydren Kampioenskap

            1ste Basil Wesson Trofee

            1ste WBMK Geslote Klubkampioenskap

            Voltooi 15 uit 17 byeenkomste

1993   5de vol seisoen WP Tydrenkampioenskap

            6de Algeheel WP Bestuurders Kampioenskap en 1ste Klas D

            2de Pop’s Robert, Basils Wesson en WBMK

            2de Chris Truter RWD Trofee

            Voltooi 15 uit 17 byeenkomste

1994   6de vol seisoen WP Tydrenkampioenskap

            4de Algeheel WP Bestuurders Kampioenskap

            1ste Algeheel Pop’s Robert

            1ste Algeheel Basil Wesson Trofee

            1ste Algeheel WBMK Geslote Klubkampioenskap

            1ste Chris Truter RWD Trofee (1)

            Voltooi 19 uit 19 byeenkomste

            2de Klas S2 Nova Tyre Tydren Keetmanshoop, Namibië

1995   7de vol seisoen WP Tydrenkampioenskap

            4de Algeheel WP Bestuurders Kampioenskap en 1ste Klas E

            3de Algeheel Pop’s Robert Trofee en Basil Wesson Trofee

            5de WBVMK Geslote Klubkampioenskap

            1ste Chris Truter RWD Trofee (2)

Voltooi 15 uit 15 byeenkomste

1996   8ste vol seisoen WP Tydrenkampioenskap

            6de Algeheel WP Bestuurders Kampioenskap

            2de Algeheel Pop’s Robert Trofee, Basil Wesseon Trofee en WBMK

            1ste Chris Truter RWD Trofee (3)

            Voltooi 12 uit 12 byeenkomste

1997   9de vol seisoen WP Tydrenkampioenskap

            5de Algheel WP Bestuurders Kampioenskap

            2de Algeheel Pop’s Robert Trofee, Basil Wesson Trofee en WBMK

            1ste Chris Truter RWD Trofee (4)

Voltooi 12 uit 13 byeenkomste

Johann Zulch teken 964 WP Tydrenkampioenskap punte aan 1988 – 1997

Patrick Vermaak teken 813 WP Tydrenkampioenskap punte aan 1989 – 1997

Ford Escort 1600 Sport

Opsomming

1ste Chris Truter Trofee as die beste agterwiel aangedrewe tydrenspan

1994 – 1995 – 1996 – 1997 (Eerste vier jaar in die bestaan van trofee)

Ford Escort 1600 Sport

1ste Klas D WP Tydren Klaskampioenskap

1989 – 1992 – 1993 (3) Ford Escort 1600 Sport

1ste Klas E WP Tydren Klaskampioenskap

1995 – 1996 – 1997 (3) Ford Escort 1600 Sport

3de Algeheel WP Tydrenkampioenskap 1992

Ford Escort 1600 Sport

Voltooi en wen hul klas in 30 agtereenvolgende WP Tydrenne

Ford Escort 1600 Sport

Saam verwerf Johann Zulch en Patrick Vermaak 675 punte in die WP Tydrenkampioenskap oor die periode 1991 tot 1997 (7 Jaar)

Ford Escort 1600 Sport

Gepubliseer deur: Patrick Vermaak

MSA Publishes media releases from a host of different sources on our website as a service to the sport. It is not practically possible to vet/approve every release that is published. Some news items and articles are written by correspondents and do not necessarily represent MSA’s views.