Rondte 8 van die Lime Property Management Streekrenne op die Killarney Internasionale renbaan het in drukkende hitte en verskeie insidente.
Pirelli MGA Racing Clubman, Classic & Breakfast Run MC 2×9 Rondtes
Juan van Dyk teken ‘n vinnigste rondtetyd van 1min18:961 onderweg oorwinning in beide uitdunne met sy #24 BR BMW S1000RR. Ontbytlopie klink net nie reg nie so Breakfast Run sal dit bly met Lubabalo Ntisana tweede algeheel op sy Clubman 600cc #53 LB Auto Kawasaki ZX6R en Ewert Koorts derde op sy Clubman 600cc #69 Koorts Engineering Suzuki GSXR750. Wesley Hendricks vierde op sy Clubman 600cc #55 Auto Bodyworks Kawasaki ZX6R.
Conrad Meyer vyfde op sy Clubman 1000cc #58 Suzuki GSXR1000 en die top ses afgerond deur Wayne Gresse op sy Clubman 1000cc #95 Yamaha R1. John Kosterman die enigste Klassieke Superfiets teenwoordig op sy pragtige #81 Suzuki GSXR1100.
Die Clubman punte voorloper Juan Momberg het ‘n 30sekonde straftyd op die hals geloop in die eerste uitdun en op die finale rondte van die eerste uitdun het hy ook in Castrol (Draai 2) geval. Die Motorwise #9 Suzuki GSXR750 het nie weggespring in die tweede uitdun.
Laude Klassieke Motors 2×8 Rondtes
Michael Hitchcock vergoed vir die onglangse teleurstellings deur van vlag to vlag voor te loop in beide uitdunne om algeheel eerste te eindig in sy Cross Cape Forklift Services #67A Ford Mustang Notchback V8 met die altyd aanskoulike Franco Donadio tweede in daardie parmantige Donadio Plant Hire #32A Ford Escort MkI 2.3. Jarryd Evans derde algeheel in die Cape Eye Laser #414 Ford Capri V6 met Boetie van Zyl vierde in sy magtige Xtreme Auto #72B Ford Fairmont GT351cc V8.
Eric van der Merwe se haastige Lynx Motorsport #89A Porsche 944 Turbo in die vyfde plek en die top ses afgerond deur Brian Evans in sy pragtige Cape Eye Laser #441B Ford Escort MkI 2.0.
Wayne Lötter eien klas C in sy Lotspeed #120C Ford Escort MkI 2.0 met Robert Rowe tweede in sy Veldt Reared #11C BMW E30 325i en Layne Hutchings derde in sy HSC Racing #74C VW Scirocco MkI. Gary Fourie wen klas D in sy #22 VW Golf MkII 2.0 met die haastige Flat 4 Racing #148C VW Kewer 2380cc van Dave Rowley tweede en die #62 Nissan Skyline 2.8 vierdeur van Stephen Manuel derde.
Die onstuitbare Rob Tissington #42E Morris Minor 1293cc van Calvin Beekman klop Bradley Rowe se Veldt Reared #27E BMW 2002 1.8 met JC Englebrecht derde in sy #201 Ford Cortina 1.6.
Kaltron Fine Cars 2×8 Rondtes
Günther Appelgryn slaag daarin om algeheel eerste verby die geruite vlag te jaag in sy altyd onberispelik voorbereide Appelgryn Trading #13 BMW #36 325i met Dave Alexander tweede in die Piri Piri Racing #44 Morgan Plus 4 en Natasha Tischendorf derde in haar #285 Volkwagen Jetta CLi. Roger Lewis vierde in die getroue #2 MGA 1600.
Op Verrigtings Indeks was die volgorde Natasha Tischendorf (97.36%), Roger Lewis (97.25%), Dave Alexander (96.61%) en Günther Appelgryn (96.36%).
BATT Tech STC650 & SSP300 Motorfietse 2×9 Rondtes
Nicholas Hutchings werk hard om algeheel te wen op sy HSC Racing #72 Suzuki SV650 met ‘n baie vasberade Max Munton tweede op sy Mag Workshop #14 Kawasaki ER650. Besoekende Nicole Purificati neé Van Aswegen derde op haar Andalar Racing #21 Suzuki GSX8R. Abigail Bosson vierde op haar Project Sixty #51 Kawasaki ER650 en Adrian Solomon vyfde op sy Pool King #4 Kawasaki ER650. Die top ses voltooi deur die veteran Rob Cragg op sy Suzuki Auto #46 Suzuzki GSX8FR.
James Luyt verras deur die SSP300 kategorie algeheel te wen op sy RSRA #74 Kawasaki Ninja 400 met Raymond Alexander tweede op sy Rayder Cycles #11 Kawasaki Ninja 400. Bradley Mustoe dere op sy CCHSA #7 KTM RC390 en in die vierde plek was dit Jordan Saayman op sy #177 Kawasaki Ninja 300.
Nicholas Hutchings die 2025 WP Kampioen.
BMW CCCT Series 2×8 Rondtes
Klasse A,B,C het weereens feitlik geen inskrywings uitgelok, maar die aksie in die Kleiner klasse was intensief met nege motors in klas E en 16 motors in klas F. Goeie wedrenne word nie op die stophorlosie uitgewys nie, maar wanneer daar sy aan sy gejaag word trek dit baie aandag in enige vorm van die sport.
Mansoor Parker het soos verwag domineer in sy Parkers Parts Centre #46B BMW E46 M3 Turbo met Marco Retter tweede algeheel in sy Precision Engineering #50C BMW E36 328i en die MYH Motorsport #143D BMW 1M van Dexter Bruce voltooi die podium. Dillon Joubert vierde algeheel in die netjiese Powder Coating World #444D BMW E46 330i met Sean Teubes vyfde in sy Summit Racing 33E BMW E36 328i en Zac Laden sesde in sy Incledon #64F BMW E36 328i.
Met die getalle aan die groei met elke byeenkoms is daar heelwat aksie op die baan met die houding van min reels lok inskrywings is daar klaarblyklik nie fout te vind nie.
Lloyd Brady sewende in sy netjiese Schildkrote Racing #41E BMW E90 3.0 met Mia Bensch agtste in haar Virtual 5 #110E BMW E36, Arno Michels negende in sy Alkom Tools & Die #911 BMW E36 328i en die top tien afgerond deur Anwar Levy in sy Jive #51B BMW E30.
Bejo Trustees Formule Libre 2×10 Rondtes
Met vier Formule Volkswagen enkel sitplek renmotors op die rooster het dinge belowend gelyk vir warm aksie maar weereens het Byron Mitchell domineer in sy Dolphin Engineering #21S FVW Reynard met Dee-Jay Booysen gemaklik tweede in sy welbekende The Burner Factory #20S FVW Reynard. Kohen Bam het die derde plek ingeneem met sy #40S FVW Reynard en vierde algeheel was dit Damian White in sy Draken Racing #29C F GTi Ray.
Kelly Fletcher wen die Formule Vee kategorie in haar Dolphin Engineering #22 Forza met Joshua Smith tweede in sy #83 VW Rhema 2 en in die derde plek was dit Richard Carr in sy ERA Racing #49 Rhema 2. Mooi getal inskrywings beslis positief vir die enkel sitplek reeks en die F Vee kategorie regtig straf.
API Property Group GTi Challenge 2×8 Rondtes
Schalk Geldenhuys jaag enduit voor om algeheel te wen in sy G&A Motorsport #10A VW Polo 6R met Shane Williams tweede in die Würth #46A VW Polo 6R en derde posisie word gevul deur die Coastal Engineering Supplies #76A VW Polo 6R van Oliver Hintenaus. Tate Bishop vierde in sy #94A VW Polo 6R.
Weylin Voschenk verstewig sy aanslag op die 2025 kampioenskap deur klas B te wen in sy IMC-SA #52B VW Polo 6 met Daniël Sandenbergh tweede in sy Eikestad Panel Beaters #49B VW Polo 6. Shaun Liebenberg derde in sy #75B VW Polo 6.
Flash Finneran wen Klas C in sy Blockkoin #25 VW Golf MkI met Daniel Munna tweede in die API Property Group #33 VW Golf MkI met Adriano Ferroli derde in sy Ferroli Performance Centre #4 VW Golf MkI.
Punte voorloper Mohamed Khalfey ongelukkig om in Blockkoin (Draai 1) skade op te doen na kontak met Nur Abass.
Pirelli V8 Masters 2×8 Rondtes
Baie teleurstellende inskrywing vir wat regtig indrukwekkende renne behoort te wees en Sean Moore ondervind nie veel teenstand onderweg na algehele oorwinning in die Ziegler Logistics #73 APV 347is met Stuart Spooner tweede tweede in sy #55 motor en Ken Finneran derde in die Blockkoin #44 motor.
Kaltron Supercars 2×9 Rondtes
Andrew Moffitt wen gemaklik in die Greymo Construction #39 Opel Supercar met Brad Fenner tweede in die Pro Oili #9 inskrywing met Glen Phillips derde in die Pro Oili #33.
Pirelli Seal Pro Winelands SBK Motorfietse 2×9 Rondtes
Tristin Pienaar was in vasberade luim en wen gemaklike op die Missile Motorcycles 50 SBK Honda CBR1000 met die besoekende Damion Purificati tweede op sy Andalar Racing BMW S1000RR en ‘n baie indrukwekkende Ryan van Nieuwkerk derde algeheel op sy 600cc #11 Andalar racing Yamaha R6.
Malcolm Rapson vierde algeheel op die Racebase 46 SBK Suzuki GSXR1000 met Eeden Heyns vyfde op sy Project Sixty #82 BMW S1000RR en die top ses voltooi deur die legendariese Jonny Towers op sy 600cc Missile Motorcycles #17 Honda 600CBR. Troy Tonking sewende op sy KTM Centurion #52 Yamaha YZF R6 en met ‘n 30sekonde straftyd omrede hy vroeg weggespring het was dit Slade van Niekerk op die Project Sixty #111 Kawasaki ZX10R.
Samkelo Liwani (Ezilifu #49 Yamaha -R1) en Ethan Diener (The Mag Workshop #3 Yamaha R6) baie gelukkig om met slegs lyfseer op te staan na ‘n baie skouspelagtige insident in Pertamina Fastron (Draai 5).
Slade van Niekerk die 2025 WP Superfiets Kampioenskap.
Thermo Fires Clubman Saloons 2×9 Rondtes
Namibiese renjaer, Mathys (M.P.) Pretorius behaal sy eerste algehele oorwinning op Killarney op unieke wyse met die Pretorius Racing #790 VW Polo Turbo. Hy wen die eerste uitdun oortuigend en loop gemaklik voor in die tweede, net om voor die ingang na die Joubert kuipe te bots teen ‘n VW Golf MkI wat van regs na links oor die baan beweeg het met die enjinkap teen die voorruit opgeslaan.
Die bestuurder so gefokus om die kuipelaan te bereik dat hy nie die haastige Polo sien kom het nie en Pretorius salig onbewus dat John Weldon (#77 VW Golf MkI) bestuurder beperkte sig het het op die regte lyn gebly net om kontak te maak. Die wedren is gestaak en die uitslag van die vorige ronde het gestaan as resultaat.
Shane Smith tweede in sy Truckport Logistics #22A BMW E36 Turbo met Steve Griffin-Wintle derde in die unieke Steve’s Auto Services #37C Ford Escort Mk5. Bernhard Lehmann in ‘n puik vierde plek algeheel in sy #83D Opel Corsa 2.0. Jemma Olen vyfde in haar Alkom Tools & Die #36C BMW E36 328i met Chris Fersch sesde in sy German Machine Services #85E BMW E36 328i.
Peter Kannemeyer sewende algeheel in sy Speed Precision Engineering #12D VW Golf MkI met Guy Nyenes agtste in sy Truckport Logistics #30F BMW E46.
Dillon Joubert betrokke in ‘n almintige botsing met die berugte spermuur aan die binnekant van Damps dip (Draai 3). Sy Powder Coating World #444C BMW E46 330i word terug geslinger op die baan waar Arno Michels daarteen bots met die Alkom Tool & Die #911 BMW E36 328i.
Le Joubert Challenge Sport & GT 31 Rondtes
Dawie Joubert wen oortuigend in die haastige Nick Adcock #15 Nova Proto NP02 Coyote 5.0 V8 met Connor Kilbride tweede in sy Racing Spirit #42A Ligier JS53 EVO 2 en Weylin Volschenk derde in sy IMC-SA #52X Porsche 977.1 Cup . Wayne Hoffman vierde in sy Hoffman Property Group #27X Porsche GT3 Cup.
Verslag gepubliseer deur Patrick Vermaak
Motorsport South Africa (MSA) publishes media releases from a variety of sources on its website as a service to the sport. Due to the volume of content, it is not feasible to review or approve every release prior to publication. Some news items and articles are written by independent correspondents and may not necessarily reflect the official views or positions of MSA.