Verkeerdom, andersom, anti-kloksgewys, teenoorgestelde of linksom sal almal kwalifiseer as beskrywings van die rigting waarin wedrenne op Saterdag 22 Augustus 2026 op die Killarney Internasionale Renbaan plaasgevind het. Die sewende rondte van die Lime Property Power Series streek kampioenskappe het inderdaad vir die eerste keer in 10 jaar en 65 dae omgedraai in rigting.
Vir tydrenners is die enigste rigting van belang dat hul vorentoe beweeg, maar vir die baan renjaers het dit beslis sake omgekrap want oor die jare is hul renmotors in een rigting ontwikkel en hoewel die draaie dieselfde name behou het het die rigting en volgorde nou beteken dat daardie voorbereiding drasties hersien moes word.
Killarney nou stadiger (meer tegnies) in tyd want al die draaie het nou toegemaak aan die einde en daar was ‘n nuwe “chicane” (heeltemaal aanvaarbaar as Afrikaanse uitdrukking) net na die Joubert kuipe onderweg na wat nou draai een geword het). Daar kan vele redes aangebied word vir die verwagte insidente, maar in kort dit was ‘n nuwe gelyke speelveld, met nuwe uitdagings en foute was ingesluit in die pakket.
Die eerste aanduiding dat die uitdaging nie in almal se smaak geval het nie was dat daar heelwat bekende name ontbreek het in die onderskeie inskrywingslyste op die twintig wedren program. Dit is Augustus en die moontlikheid van onweer (verkeerde bande) het dalk ‘n rol gespeel, die All Blacks vs Springbokke op Ellis Park dalk ook, die komende Ford & Friends op Aldo Scribante mag dalk paar laat kop uittrek het. Risiko is alom teenwoordig ongeag van rigting en Killarney was vir die eerste keer in ‘n dekade ‘n nuwe uitdaging vir deelnemers.
Die 234ste dag van die jaar 2026 het beteken dat daar slegs 131 dae van die jaar oor was en dit was ook die 79ste verjaardag van die sesmalige SA Bestuurders Kampioen, Ian Scheckter. Draai die horlosie ernstig terug na 1956 en Juan Manuel Fangio wen sy tweede F1 titel agter die stuur van die unieke Mercedes Benz W196R met sy tweede agtereenvolgende oorwinning in die Bremgarten Switserse GP. Die Mercedes die eerste met gedwonge klepbeheerstelsel en direkte brandstof inspuiting ontleen vanuit die Messerschmitt BF109 vegvliegtuig.
In die Duitse GP op die Nurburgring 1957 behaal hy sekerlik sy beste resultaat ooit deur 43sekondes binne 22 rondtes in te haal op Mike Hawthorn en breek 10 keer die baanrekord in ‘n Maserati 250F. Dieselfde tipe motor waarmee hy die eerste twee rondtes in 1956 gewen het en natuurlik is die huidige Killarney veiligheidsmotors Apex Bets se derde generasie Maserati Ghibli M157 met 3.0 V6 Ferrari dubbel turbo en agterwiel aandrywing. Duidelik “weet hul iets wat ander nie weet nie”.
As nasionale “Wees ‘n Engel dag” dan seker gepas dat 21 Augustus Tannie Elize Swanepoel se 88ste verjaardag sou wees en sou sy nie trots gewees het op die prestasies van die kleinkinders. En dan onthou ons ook die humorsin van Steve Leech wat op 23 Augustus ‘n jong 74 sou wees.
Ford Mustang Parade
Mooi aantal Ford Mustang motors teenwoordig
Thermo Fires Clubman Saloons
Dexter Bruce behaal twee welverdiende oorwinnings in sy #143X Traction BMW M3 met die haastige #69B Autopro VW Golf MkI van Shane Justus tweede en Schalk Geldenhuys plaas sy #410B Goeie Hoop Onderdele VW Polo R6 derde.
Die renne was aanskoulik met die nuwe “chicane” met tye werklik ‘n uitdaging en Gary Smith het ‘n paar nuwe lyne ontwikkel onderweg na vierde plek in sy #71B Truckport Logistics BMW E36. Gary ervare op die “verkeerdom Killarney, maar hierdie “chicane” was selfs vir hom nuut. Willem Swart vyfde in die #222B WFS Motors VW Jetta Cli en in die sesde plek was dit Michael le Sueur in die haastige #64A New Engineering VW Golf MkI.
André Johnson wen klas C in sy netjiese #8C Executive Decisions Audi S4 met Sandra Bekker die agtste in haar #96 Brandtegrity BMW E46, Dillon Joubert negende in die #1C Powder Coating World BMW E46 330i en die top tien word afgerond deur Jes Huggett in sy #70A Rico Barlow VW Jetta Cli.
Lance Arendse wen klas D in die #94D GMG Engineering VW Golf MkII terwyl David Fourie klas E wen in sy #80E Keiger VW Golf Mk Ien klas F word gewen deur Adam Omar in sy #24 F&S transport VW Golf MkI.
Bejo Trustees Formula Libre
Storm Lanfear en Dee-Jay Booysen domineer in hul FVW Reynard renmotors met Joshua Smit derde in die #83V S&S Racing Rhema 2. Richard Carr vierde in die #8V iSquared Technologies Forza, Courtney Steenveld vyfde in die #69V Rhema 2 en sesde was dit Ricky Anderson in sy #96V Forza.
Laude Classic Cars
Die aanvanklike inskrywing vir die Laude reeks sekerlik die kleinste in jare en toe reën dreig krimp dit tot slegs dertien motors.
Franco Donadio ry maak katvoet in die dominante #32A Donadio Chev Can Am V8 met PW Louw tweede in die haastige #81A PWL Konsult Mazda RX7 en in die derde plek was dit Louis Powell in die #151A Engine Hero Ford Escort MkI.
Boetie van Zyl jaag bestendig tot vierde algeheel in die #72A Extreme Auto Ford Fairmont GT met Brain Evans vyfde in sy #441B Cape Eye Laser Ford Ecsort MkI. Wayne Lötter sesde in die #120C Lotspeed Ford Escort MkI. Louis Powell en Wayne Lötter al bestuurders wat met dieselfde motors ook aan die vorige “verkeerdom” wedrenne op 18 Junie 2016 deelgeneem het. Tien jaar en 65 dae gelede.
Dave Rowley was ook daar, maar in ‘n ander VW Kewer. Ernest Leite wen klas D in sy #128 E Leite Racing Fiat 128 Rally 1.3.
Pirelli Superbikes / SBK Challenge / Masters / 600cc MC.
Allan-Jon Venter wen algeheel op die #39 Kawasaki ZX10R met Eeden Heyns tweede #82 en Coenie Botes #84 derde. Kewyn Snyman het tweede geeindig in die eerste uitdun (slegs 0.314sek agter Venter), maar het besluit om nie die klam toestande van die tweede uitdun aan te durf nie.
Zander Taljaard wen die 600cc kategorie op sy #88 TMS Suzuki GSXR750 en Lubabalo Ntisana wen die SBK Uitdaging op sy #53 LB Auto Kawasaki ZX10R.
API Property GTi Challenge
Jurie “Umpi” Swart Jnr maak sy terugkeer en ry eenvoudig onder almal uit om oortuigend te wen in die #39A Alpine Autohaus VW Polo R6. Clinton Bezuidenhout tweede in sy #57A CHR Racing VW Polo 6R en Daniël Munna behaal derde in klas A op debuut in sy #33A API Property Group VW Polo 6R. Bezuidenhhout en Shane Williams was behoorlik in mekaar se hare totdat Shane uiteindelik die #46A Magmaster VW Polo 6R tot stilstand gespring het.
Nur Abass wen klas B in sy #8B Spice Mecca VW Polo 6 met Daniël Sandenbergh tweede in sy #49B Eikestad Paneelkloppers VW Polo 6 en Adriano Ferroli derde in die #4B Ferroli Performance Centre VW Polo 6.
Tristan Joubert wen klas C in sy #90C Powder Coating World VW Golf MkI 1.8 met die soortgelyke motors van Darren Cameron (#22C Ubuntu Energy) en Patrick Walton (#96 Shootaway Productions) onderskeidelik tweede en derde. Connor Joubert vierde, Chris Cornwell vyfde en Devon Dreyer sesde.
Pro Oil Supercars
Pierre Pienaar (#7 Dynamic Cleaning) effe oorgretig en moet uiteindelik met derde algeheel tevrede wees met Glen Phillips (#1 Pro Oil SA) tweede en die verrassing Robin de Vos (#36 Lime) vir die eerste keer ‘n wenner in die nuwe ontwikkelling van die reeks met Toyota aandrywing.
Kyle Hallick (#31 Pro Oil SA) vierde, Brad Fenner (#9 Pro Oil SA) vyfde en Darren Liebenberg (#22 AESIR) sesde.
Kaltron Fine Cars
Melani Lambert sluit vroue maand goed af deur te wen wen op Indeks van Verrigting met haar #90 VW Fox en word gevolg deur veteraan Roger Lewis in sy #2 MGA.
Michael Gelderbloem derde in die uitslag, maar ongetwyfeld die man wat die dag die meeste geniet het in die netjiese #165 Zanmig Ford Cortina MkI 1.6. Gilberto Nobrega vierde in sy #20 VW Jetta 2.0 met Albert Cook vyfde in die #40 Mazda MX5 en die top ses afgerond deur Natasha Tischendorf in haar #1 VW Jetta Cli.
Cadiz BMW CCCT Series
Nian du Toit was terug in die #20 NDT BMW E36 Turbo en het eerste weggspring met ‘n beste tyd van 1min14.392. Connor Kilbride tweede op die rooster met ‘n tyd van 1min20.854. Nie te lank terug sou dit ‘n indrukwekkende tyd gewees het, maar nou het dit beteken dat Nian ondanks ‘n paar benoude oomblikke daarin kon slaag om die eerste uitdun met 43sek en die tweede met 50 sek te wen.
Met die res van die veld veel meer mededingend was hul so verdiep in hul eie ren dat die blitsige NDT motor heelparty onkant betrap het. Ernest Page jaag puik in die twede uitdin om derde algeheel te eindig in sy #19D CRA Racing #36 328i met Sean Teubes bestendig in die vierde plek met die #33 RGBC E36 328i. Shane Williams vyfde in die #146E Magmaster E36 328i en in die sesde plek was dit James King in die #7C Kings Auto Body Shop E36.
Die reeks spog met ‘n wye verskeidenheid van kleurvol en goed voorbereide motors en bestuurders wat hul goed van hul taak kwyt op die renbaan. En hoewel dit altyd ‘n groot plesier is om iets soos die NDT Beemer in aksie te sien is die ware aksie te siene in die laer klasse.
Pirelli STC650 and SSP300 MC
Slade van Niekerk domineer die Pirelli STC650 kategorie op sy #96 Project SA Kawasaki ER6-N met Max Munton tweede op sy #14 Sunscan Kawasaki ER650 en Nicholas Hutchings derde op sy #72 Pro Automation Kawasaki ER650. Hilton redelinghuys #87 vierde, Klint Munton #14 vyfde en Abigail Bosson #51 sesde.
Die SSP300 klas word gewen deur Liam Carstens op sy #42 Missile Motorcycles Kawasaki Ninja 400 met Bradley Mustoe tweede op sy #07 CCHSA KTM RC390 en James Luyt derde op sy #74 RSRA Kawasaki Ninja 400.
Warwick Wealth Sport & GT Cars / Pirelli V8 Masters
Dawie Joubert het omgeskakel na die VW aangedrewe Lotus Exige en uiteindelik die Lotari afgestof nadat die swart Lotus ook beskadig is tydens voorbereiding. Onder normale omstandighede sou Dawie en die Lotari nie veel teenstand ondervind nie, maar Marcel Angel is nie ‘n maklike opponent nie en die #51S Autohaus Angel Ferrari 488 GT3 was gereed vir aksie. Met die reën ‘n relaiteit vir die tweede uitdun het die Ferrari nat bande gekry terwyl Dawie die Ferrari 488 aangedrewe Lotari op renbande gehou het.
Sean Moore maak hard kontak met die spermuur digby die nuwe “chicane” nadat hy van agter kontak gemaak het met die Kilbride BMW. Ongelukkige insident, maar Sean gelukkig ongedeërd terwyl dieselfde nie gesê kon word van die #1 Endcliff APV 347is nie.
Marcel Angel trek sy ore plat en wen algeheel in die #51 Autohaus Angel Ferrari 488 GT3 met Wayne Hoffman tweede in sy #27A Hoffman Property Porsche 992 GT3 Cup en in die derde plek was dit Divan Wentzel in die #72 Motul Porsche GT3 Cup. Connor Kilbride kon herstel na vierde plek in sy #142C Racing Spirit BMW E46 M3 met Dawie Joubert beperk tot vyfde in die #18S Le Joubert Racing Lotari-Ferrari 488. Die toeskouers het beslis sy tolsale meer geniet as wat hy self dit sou geniet het. Yanni Hatzi voltooi die top ses in sy #28B Nissan S14 Turbo.
Pirelli Clubman / Classic / Breakfast Run MC
Slegs een uitdun het plaasgevind agv die vertragings om die Sport en GT uitdun aan die gang te kry maar Lubabalo Ntisana (#53 LB Auto Kawasaki ZX10R) en Saud Adam (#66 Honda CBR600RR) het ‘n puik vertoning gelewer onderweg na die geruite vlag. Gerhard Joubert derde op sy netjies #27 Triumph Daytona 676 met William Morries vierde op sy #34 MB Aircon Suzuki GSXR1000.
Augustin Ntwani (#43) vyfde en Mario Ferreira sesde op sy #44 Klassieke SBK Bumble Bee Racing Cagiva V-Raptor 1000. Norman McFadden tweede in klas op sy #369 Suzuki GSXR1000 met Wessel Kruger derde op sy #63 RCR BMW R1100S.
Glen Collins eerste in die “Breakfast Run” op sy #85 BMW S1000RR met Marius Nel tweede op sy #56 Suzuki GSXR750 en Quintin Retief derde op sy #62 Kawasaki ZX6R.
Gepubliseer deur: Patrick Vermaak
Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.


























