Select Page

Met die Springbokke Snr en Jnr wat puik presteer het, Drikus terug as oorwinnaar in MMA en Kelvin van der Linde wenner op Misano was dit ‘n goeie naweek vir Suid Afrika en met daglig aan die toeneem is daar uitgesien na die 18 wedren program van die 206de dag van 2026. Die nasionale dag van kaas en wyn, seker dan ook een van die redes waarom slegs 212 inskrywings teenwoordig was in bykans perfekte weer, sekerlik die mooiste dag van die seisoen.


Bejo Trustees Formule Libre 2×8 Rondtes
Jason Coetzee ondervind geen teenstand onderweg na algehele oorwinning in sy #77 Mint Wrapworks FVW Reynard met die soortgelyke #27 RDSA Reynard tweede, die #20 Dico Reynard van Dee-Jay Booysen derde en die #8 iSquared Technologies Forza FVee van Richard Carr vierde. Benjack Phillips het de vyfde posisie ingeneem met sy #17 Classic Car Care Lantis FVee met die Donovan Ramsay sesde in sy #95 Kerston Foods Rhema FVee.


Courtney Steenveld verloor beheer op die agterste pylvak en die #69 Rhema FVee maak kontak met die #83 S&S Racing Rhema FVee van Joshua Smit. Amper ongelooflik dat beide kon voortgaan en een van daardie insidente wat lank oor redineer kan word.


Laude Classic Cars 2×8 Rondtes
Franco Donadio wen sonder veel inspanning algeheel in die #32A Donadio Plant Hire Chev Can Am V8 met Trevor Momberg tweede in die #73A All Scale Ford Capri 3.4 en derde plek word gevul deur P.W.Louw in die pragtige #81A PWL Konsult Mazda RX7. Nou ja, heelwat hardebaarde was nie teenwoordig, maar hierdie Mazda moet in die oog gehou word vorentoe.


Boetie van Zyl het die #72A Xtreme Auto Ford Fairmont GT 351 probeer blootstel aan nuwe lyne deur draai 5 en net daarna het Eric van der Merwe sy pragtige #89A Lynx Motorsport Porsche 944T minus die regter voorvering digby parkeer terwyl die #414A Cape Eye Laser Ford Capri 3.4 van Jarryd Evans nie die tweede uitdun begin het nie.


Dit het Brian Evans toegelaat om vierde posisie algeheel in te neem met die #441B Cape Eye Laser Ford Escort MkI 2.0 en hy is gevolg deur die haastige #120C Lotspeed Ford Escort MkI .20 van Wayne Lötter. Deon Conradie was tevrede met sesde plek in die #86C Flat Four Racing Toyota Conquest RSi 1.8 met Mark Ridgway sewende in die Vance Kearney #93C Ford Capri.


Herman de Kock wen klas D en eindig in ‘n uitmuntende agtste algeheel met sy #59D Ford Escort MkI terwyl Theo Claassen ‘n goeie negende plek bahaal in sy #55C Yesterday’s Heroes Nissan Skyline GTX 2.8. Die top tien afgerond deur Martin Zondler in die #66X Superior Elevators Ford Granada Perana V8.


André Diedericks het laat geslaap in die oggend en met oorgawe bestuur in die tweede uitdun. Paar benoude oomblikke was daar gewees maar dat hy nou die #182A Ford Capri Perana V8 replika begin verstaan was duidelik sigbaar. Die pragtige #14C GlobeLötter Industries Ford Escort MkII van Daniël Lötter Jnr is ongelukkige ernstig beskadig in draai 3 nadat die versneller vasgesteek het.


API Property GTi Uitdaging 2×8 Rondtes
Shane Williams ondervind absoluut geen teenstand onderweg na algehele oorwinning in sy #46A VW Polo 6R met Zac Laden uiteindelik tweede in sy #64B Incledon VW Polo sedan. Nur Abass het paar keer te laat gerem vir draai 5 en moes met derde tevrede wees in die #8B Spice Mecca VW Polo 6R en Danië Sandenbergh Jnr was vierde in sy #49B Eikestad Paneelkloppers VW Polo 6R. Adriano Ferroli vyfde in sy kleurvolle #4B Ferroli Performance Centre VW Polo 6R met Ross Schröder sesde in die #16C API Property VW Gol MkI 1.8.


Patrick Walton sewende in sy #96C Shootaway Productions VW Golf MkI 1.8 en in die agtste posisie was dit John Smith in sy #66c SFX & Stunt Inc VW Golf MkI 1.8. Dillon Joubert het by klas C aangesluit en negende geeindig in die #44 Powder Coating World VW Golf MkI 1.8 en die top tien afgerond deur Tristan Joubert in sy #90C Powder Coating World VW Golf MkI 1.8.
Jurie Swart Snr was terug in sy #88A Alpine Autohaus VW Polo 6R, maar die reeks blyk tans nie te gesond te wees nie.


Pro Oil Supercars 2×8 Rondtes
Glen Phillips wys waarom hy #1 op sy Pro Oil inskrywing het deur algeheel te wen met Kyle Hallick #31 Pro Oil tweede, Robin de Vos #36 Lime / Armaguard derde, Andrew Moffitt #39 Greymo Construction vierde, Darren Liebenberg #22 AESIR / Lime vyfde en Kirk Williams #40 Safestop sesde.


Pierre Pienaar het egter reeds duidelik kennis gegee dat hy ernstig aanspraak maak op die eerste plek in sy #7 Lime / Dynamic Cleaning inskrywing terwyl kontak met die spermuur Nashrené Schloss #24 Lime / VCIB se aanslag ontsier het.


Kaltron Fine Cars 2×8 Rondtes
Tien inskrywings is goed vir die Kaltron Fine Cars end it was oudergewoonte Arnold Lambert was op Indeks van Verrigting gewen het in sy #61 Lambert Racing VW Jetta MkI met Roger Lewis tweede in die #2 MGA 1600 en Günther Appelgryn derde in sy #13 Appelgryn Trading BMW E36 325i. Steve Whitehead eindig vierde in sy netjiese #156 Leyland Mini GTS, Albert Cook vyfde in die haastige #40 Mazda Miata MX5 1600 en Ryan Sanders behaal sesde plek in sy unieke #111 VW Passat.


Cadiz BMW CCCT Race Series 2×8 Rondtes
Connor Kilbride domineer aan die voorpunt van die veld in sy #142A Racing Spirit BMW E46 M3 met Arni Michels wat beindruk in die tweede posisie met sy #919C Alkom Tool & Die BMW E46 328i en Sean Teubes weereens bestendig onderweg na derde in sy #33C RGBC BMW E36 328i. Kobus de Kock ook goed op dreef in die vierde plek met sy #77 Interactive Signs BMW E36 328i en hy is gevolg deur Shane Williams in sy #46 Print Crowd BMW E36 328i.


Johan Koekemoer sesde in sy #24D Valuecrete BMW E46 330i met Werner Koekemoer sewende in die #474D Valuecrete tydren BMW E36 3.2i. Net sy tydren ervaring het hom in draai vyf gered nadat hy van agter aangehelp is. Nie so seker dit sou andersom so positief geeindig het nie.


Lloyd Brady jaag bestendig onderweg na agste in sy #41D Schildkrote Racing BMW E90 330i met Shane Boscombe negende in sy #18E CRA BMW E36 328i. Die top tien word afgerond deur Wian Louw in sy #81E DS Cars BMW E46 330i.


Voormalige SA FF en Toermotor kampioen, Deon Joubert, het na die sport terug gekeer in die #19 CRA BMW E36 328i van Ernest Page, maar ondanks ‘n goeie vierde plek in die tweede uitdun het probleme in die eerste ‘n demper op sy dag geplaas. Wie weet, daar mag dalk meer volg.


Short Circuit 125 – 150 Motorcycles 2×8 Rondtes
Ongetwyfeld die wedren van die dag met sestien 150cc en veertien 125cc inskrywings wat mekaar letterlik aangedurf het. Vanuit draai 2 tot draai 5 was dit eenvoudig oop ketels en is die sleurstroom effek briljant benut deur ieder en elk om posisies te verwissel in meervoud.


Slegs 0.26 sekondes skei Nicholas Hutchings en Zanté Otto van mekaar na sestien baie aanskoulike rondtes. Zanté beindruk deur die eerste ren met 0.193sek te wen op haar #73 Missile Motorcycles Honda CBR150 (en ja hul was almal op Honda CBR150) met #72 Nicholas Hutchings tweede op sy Pro Automation weergawe. En dit was geen gelukskoot nie want sy hou hom eerlik vir nog agt rondtes om sekerlik haar beste vertoning nog af te sluit met ‘n baie goeie tweede plek.


Maar dit was nie al wat goed gelyk het nie. Eeden Heyns (#82) slaag net daarin om derde te eindig met Jacques Ackerman (#10 Mikey Barber Stepp), Craig Benn (#41 Shaun Benn Projects) as skaduwees. Trevor Westman (#60 Project 60), Coenie Botes (#84), Cameron-Dane Bates (#20 Glynn Bates Racing), Bradley Mustoe (#07 CCHSA) en Codie Redelinghuys (#87 Eighty 7 Racing) almal op een of ander stadium ‘n bedreiging.


In die 125cc was Nathan Waddington (#11) redelik dominant op sy Honda CBR125 (en ja, hul was almal op Honda) met Julian Ferreira (#78 Promar Projects) tweede, James Luyt (#74 RSRA) derde, Tyler Agnew (#221 Rocomamas Durbanville) vierde, Divan Olivier (#40) vyfde en Chris Veldhuis (96 Koorts Engineering) sesde.


Daar is letterlik gestamp en gestoot deur die draaie en met geen krag reserwes het almal alles gegee van lig tot vlag. Die jongspan het die seniors op hul tone gehou en dit was werklik ‘n plesier om te aanskou.


Warwick Wealth Sports & GT Cars 2×8 Rondtes
Tate Bishop het soos verwag domineer met die “nuwe” Praga R1. Dalk nie so indrukwekkend in ‘n reguit lyn, maar draaie bestaan amper nie vir hierdie motor en dit sal interessant wees om te sien hoe dit vaar teen goeie teenstand. Die sentrale kajuit koolstofvesel 643kg, 365bhp Praga R1 Renault F4R 2.0 Turbo is van Tsjeggiese herkoms en hierdie 2013 ontwerp spog met aerodinamiese druk wat sy eie gewig oortref teen 201 km/h met ‘n topspoed van 282 km/h.


Robert Franco tweede in die #61A Graphics Supplies World Audi R8 GT3 met Wayne Hoffman derde in sy #27A Hoffman Property Group Porsche 992 GT3 Cup en Divan Wentzel wat amper verveeld gelyk het in die vierde plek met die #48 Motul / Wentzel Motor Works Porsche GT3 Cup.


Fabio Tafani vyfde in die #3 Club Refrigeration APV347is en sesde was dit Connor Kilbride in sy #141C Racing Spirit BMW E46 M3. Dawie Joubert sewende in die Wild Rose #18A Lotus Exige 2.0 nadat hy iewers van die baan geloop het.


Pirelli Clubman / Classic / Breakfast Run Motorcycles 2×8 Rondtes
Craig Benn maak geen foute onderweg na oorwinning op sy #41 Shaun Benn Projects Honda CBR600RR en word gevolg deur Saud Adams op sy #66 Honda CBR600RR en Gerhard Joubert op sy #47 Triumph Daytona 675. Gavin Louw vierde op die #99 BMW S1000RR met Lubabalo Ntisane vyfde op sy #53 LB Auto Honda CBR600RR. Die top ses afgerond deur William Morries op die #34 MB Aircon Strand Suzuki GSXR1000.


Michael Bekker oudegewoonte in sy element op die #18 BR KTM SMR990 met Wayne Gresse agtse op sy #95 Tony’s Motor Spares Honda CBR1000. Willem Louw negende op sy #86 Kawasaki ZX6R en John Kosterman tiende op sy Klassieke SBK #81 QESS Suzuki GSXR1100.


Thermo Fires Clubman Saloons 2×8 Rondtes
Jaco Lambert domineer in sy #29A Payne & Schietekat Motors VW Polo 1.8 Turbo en word gevolg deur Shane Justus in die #69B Auto Pro VW Golf MkI. Schalk Geldenhuys derde in sy #410B Goeie Hoop Onderdele VW Polo 6R en Ian Kapp eindig vierde in sy #65B Hydracor Hydraulics VW Polo 6R. André Johnson vyfde in die pragtige #8C Executive Decisions Audi S4.
Sesde posisie aan Sandra Bekker in haar #96C N2 Towing BMW E46 met Dillon Joubert sewende in die #1C Powder Coating World BMW E46 330i. Steve Griffin-Wintle agste in die unieke #37C Steve’s Auto Clinic Ford Escort Mk5, Chris fersch negende in sy #85D German Machines Services BMW E36 328i en in tiende plek was dit Francois van Tonder in sy #44C FOD Marketing VW Polo 6.


David Fourie #80E wen sy klas in die Keigar VW Golf MkI terwyl Rob Gortmaker klas F wen in sy #11F All Scale VW Golf MkI.

Gepubliseer deur Patrick Vermaak

Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.