Op die 290ste dag van die jaar 2026 was daar slegs 75 dae oor totdat die Nuwe Jaar aangekondig word en die einde van ‘n era breek aan vir die Killarney Internasionale renbaan met die aankondiging dat draai vyf (algemeen bekend as Kaapstad draai vir die jonger geslag en BP vir die seniors geslag) aangepas sal word na aanleiding van veiligheids voorstelle ingevolge die 19 September 2026 noodlottige ongeluk van plaaslike motorsport legende Marcel Angel.
Dit het effektief tot gevolg dat, tot en met, 31 Desember 2026 sal daar geen verdere Warwick Wealth Sport & GT – Pirelli V8 Masters ingesluit, BMC CCCT klasses A en B, Bejo Trustees Formule Libre klasse S en A aan wedrenne mag deelneem nie. Verder mag geen motors in staat tot tye vinniger as 1min17 aan enige wedren deelneem nie. Motorfietse kan voortgaan om deel te neem nadat die nuutste aanpassings as voldoende aanvaar is.
Die permanente oplossing tans dat draai vyf van die tradisionele hellingshoek ontneem sal word teen Januarie 2027. Kan nie anders as te wonder waarom die hellingshoek aangepas moet word terwyl 1min11 rondte tye reeds in 1970 moontlik was? Spoed is nie noodwendig altyd die probleem nie, want anders sou niemand kon vlieg nie?
As Killarney noodgedwonge vir die eerste keer sedert 1960 in karakter aangepas word sal die oorspronklike uitleg hopenlik behoue bly om dit steeds as “overanderd” te beskou.
Ook die finale rondte van die Nasionale Extreme Festival op Zwartkops renbaan. Met die vorige rondte op Killarney gekanselleer was dit alles of niks op Zwartkops.
Pirelli Clubmans – Classic SBK – Breakfast Run MC
William Morries wen algeheel op sy #34 MB Aircon Strand Suzuki GSXR1000 na twee uitdagende uitdunne, Die eerste nat en die tweede droog.
Juan Momberg wen die eerste uitdun op sy #9 Motorwise Kawasaki ZX10R gevolg deur William Morries, Wayne Gresse, Gavin Louw, Wessel Kruger en Gerhard Joubert. In die tweede uitdun word die algehele volgorde Lubabalo Ntisana eerste gevolg deur Michael Bekker, Augustin Ntwari, Saud Adam, William Morries en Gerhard Joubert. Op sigself ‘n duidelike aanduiding dat daar drastiese veranderinge in omstandighede was.
Gerhard Joubert het in die derde rondte van die eerste uitdun in Quarry (Draai 2 – Castrol) geval, opgestaan en steeds die Clubman 600 klas gewen op sy #47 Triumph Daytona 675. Michael Bekker het oudergewoonte puik vertoon nadat hy vanuit die kuipe moes wesgspring, net om op die finale rondte in Malmesbury (Draai 4 – Sarel’s Sweep) te val met die #18 KTM 990 SMR. Toestande soveel van ‘n uitdaging dat verskeie jaers besluit het om eerder nie aan die eerste uitdun deel te neem nie. 18 het kwalifiseer, 11 het die eerste uitdun aangedurf en 21 die tweede.
Die tweede been lewer nie veel verassings op nie met Lubabablo Ntisana voor op die #53 LB Auto Honda CBR600RR en die baie vasberade #18 KTM 990 SMR van Michael Bekker tweede. Daar word met afwagting uitgesien na sy debuut op ‘n Honda CBR1000 in November. Augustin Ntwari derde op sy #43 Lekka Racing Yamaha YZF R1 met Saud Adam vierde op sy #66 Honda CBR600RR. William Morries ‘n besadigde vyfde op die #34 MB Aircon Strand Suzuki GSXR1000 en in die sesde plek was dit Gerhard Joubert op die #47 Triumph Daytona 675.
Algeheel was dit Clubman 600cc – Gerhard Joubert, Lubabalo Ntisana, Saud Adam, Derek Hendricks, Norman McFadden en Willem Louw. Clubman 1000cc – William Morries, Juan Momberg, Wayne Gresse, Gavin Louw en Augustin Ntwari. Klassiek – Wessel Kruger, Jamie Hall, John Kosterman en Mario Ferreira. Breakfast Run – Quintin Retief, Michael Bekker, Ghalid Abrahams, Glen Collins, Marius Nel en Annelize Collins.
Thermo Fires Clubman Saloons
22 Motors kwalifiseer en 22 spring in natterige toestande weg vir die eerste uitdun. Anton Jacobs krap egter sake op die nat baan verder om deur die enjin van sy #39D All Scale Nissan Sentra STi 2.0 onderweg na Hoals (Draai 1 – Blockkoin) op te blaas. Evert du Toit beindruk met sy interpretasie van ‘n besige tydrenner in sy #451E New Engineering Ford Falcon.
Die wedren word gestaak om die olie strook te elimineer terwyl die #9X VW Golf IV GTi 2.0 van Shandro Hendricks ook nie verder as draai 5 kon vorder nie. Twintig probeer weer en amper soos verwag was dit Jaco Lambert wat domineer het in sy #29A Payne & Schietekat Motors VW Polo 1.8. Shane Justus tweede in die #69B DJAS (Die Jong Afrikaanse Styl) Clothing VW Golf MkI met Steven Gouws derde in die #34A Thermo Fires GWM VW Jetta 1.8 Turbo. Jess Huggett vierde (0.027sek) in sy #70A RicoBarlow Racing VW Jetta 1.8 Turbo, vyfde vir Mario Roux in die #20A Automar VW Polo 1.8 Turbo (nadat hy deurgaans tweede algeheel gejaag het) en Paul Munnik sesde in sy #79B Audi VW Clinic VW Golf MkI.
Die tweede uitdun vind plaas op ‘n droë oppervlak met Jaco Lambert weereens voor Jess Huggett, Shane Justus, Paul Munnik, Sandra Bekker en Ian Kapp die top ses.
Algeheel was dit Jaco Lambert (#29A Payne & Schietekat Motors VW Polo) eerste met Shane Justus (#69B DJAS Clothing VW GolfMkI) tweede, Jess Huggett (#70A RicoBarlow Racing VW Jetta 3 Turbo) derde, Paul Munnik (#79B Audi VW Clinic VW Golf MkI) vierde, Sandra Bekker (#96C Brandtegrity BMW E46) vyfde en Basie Burger (#52D Italoven VW Jetta MkI) sesde.
David Fourie wen klas E in sy #80 Keigar VW Golf Mk Ien in klas F is dit Adam Omar wat wen in sy F&S Transport VW Golf MkI.
Bejo Trustees Formule Libre – FVee
In die afwesigheid van die vinniger motors was dit geleentheid vir die Formule Vee renjaers om werklik hul staal te toon in die steeds onvoorspelbare toestande. Tien spring weg in die eerste uitdun maar Luan van Heerden bly op die rooster staan in sy #88V New Rhema.
Joshua Smit en Richard Carr jaag soos een vir agt rondtes van intense konsentrasie, Courtney Steenveld derde, Kelly Fletcher vierde, Benjack Phillips vyfde en Nick van der Westhuizen sesde in die eerste uitdun.
Joshua Smit domineer weereens die tweede uitdun om algeheel as wenner uit die stryd te tree met Richard Carr tweede, Courtney Steenveld derde en Kelly Fletcher vierde. Nick van der Weshuizen vyfde en Benjack Phillips sesde.
Laude Classic Cars
26 motors spring weg in nat toestande en Franco Donadio jaag foutloos om gemaklik te wen in die #32A Donadio Plant Hire Chevrolet Can Am V8 met P.W.Louw tweede in sy netjiese #81A PWL Konsult Mazda Rx7. Met die enjinkap besig om los te werk het hy wyslik dinge baie rustig geneem vir die tweede helfte van die ren. Boetie van Zyl oudergewoonte op sy stukke in die #72A Xtreme Auto Ford Fairmont GT351 en vierde was dit Cedric Burger in die #182X Ford Capri Perana V8 replika. Die tweestryd tussen Wayne Lötter en Brian Evans was goed en dit was uiteindelik die #120B Lotspeed Ford Escort MkI voor die #441B Cape Eye Laser Ford Escort MkI.
Ferdi Mouton het die pragtige #68B Cross Cape Forklift Services Ford Mustang V8 nie baie suksesvol as tydrenmotor aangewend in Blockkoin (Draai 1 – Hoals) terwyl Ernest Leite soortgelyke resultate ondervind het in Draai 5 met sy #128D E Leite Racing Fiat 128 Rallye 1.3. Die normaalweg blitsige #77B Toyota Corolla Sprinter van Bruce Avern-Taplin het in ‘n rookwolk tot stilstand gekom tussen op die Dan Joubert pylvak en Robert Rowe het sy #11C Veldt Reared BMW E30 325i 2.7 ook langs die baan in die modder probeer begrawe.
Die tweede uitdun se uitslag kan sekerlik lank bespreek word nadat daar ‘n rooi vlag gewys is in Draai 5 en verskeie van die aanspraakmakers gehoor gegee het daaraan. Die vlag word onttrek met ‘n wit vlag en skielik weer ‘n groen vlag. Die uitslag uiteindelik bepaal as Franco Donadio eerste, PW Louw tweede, Cedric Burger derde, Roy Obery (#85X GWM Porsche 944T GTP) vierde, Boetie van Zyl vyfde en Wayne Lötter sesde.
Algeheel is die uitslag bepaal as Franco Donadio, PW Louw, Cedric Burger, Boetie van Zyl, Wayne Lötter en Brian Evans. Klas A Franco Donadio, PW Louw, Boetie van Zyl. Klas B Wayne Lötter, Brian Evans, Layne Hutchings. Klas C Martin Zondler (#66C Superior Elevators Ford Granada Perana V8), Nicholas Fourie (#22 Keigar VW Golf MkII 2.0), Gary Fourie (#5 VW Golf MkII 1.8), Dewald Lambert (#58 Lawntech Racing VW Jetta MkI), Deon Conradie (#86 Flat Four Racing Toyota Conqtes RSi 1.8), Charles Arton (#70 Redwood Ford Escort MkI).
Klas D Vance Kearney (#93 Cape Eye Laser Ford Capri V6), Zane Schonknecht (#21 Chalk-Air VW Beetle 2.4), Malcolm Pheiffer (#195 Alfa Romeo GTAm replica), Derek Wilsnagh (#57 Ford Anglia 1.6) en Ernest Leite (#128 E Leite Racing Fiat 128 Rallye 1.3). Klas E Michael Hitchcock (#69 Cross Cape Forklift Services Ford Mustang V8). Klas X Cedric Burger (#182 Ford Capri Perana V8 replika), Roy Obery (85 GWM Porsche 944T GTP) Derick Truscott (#61 VW Jetta MkI)
Pirelli Superbike – Challenge – Masters MC
Die vinnigste renne ongetwyfeld die Pirelli Superfietse wees en Allann-Jon Venter het sy stempel vinnig en duidelik op die kategorie afgedruk met die #39 Vault Markets Kawasaki ZX10R net eenvoudig te vinnig vir die opposisie. En het ons genoem dat hy die eerste uitdun van agter op die rooster moes begin?
Malcolm Rapson jaag puik om tweede plek in te neem op die #46 Racebase Suzuki GSXR1000 gevolg deur Eeden Heyns op sy #82 Helderberg Car Clinic Kawasaki ZX10R en die #84 Missile Motorcycles BMW S1000RR van Coenie Botes. Juan van Dyk vyfde op die kleurvolle #24 PMT BMW S1000RR en die top ses afgerond deur Hilton Geldenhuys op die pragtige #87 Yamaha YZF R1.
Malcolm Rapson se aanslag op die algehele tweede plek eindig skouspelagtig in Draai 5 toe die stuurstang van die #46 Suzuki afgebreek het en Malcolm redelik onserimonieel afgelaai is. Die goeie nuus dat die nuwe “sandbak” die motorfiets redelik vinnig tot stillstand gebring het en Malcolm self nog vinniger. Seer sou hy wees, maar relatief ongedeërd.
Algeheel was die SBK uitslag Allann-Jon Venter voor Eeden Heyns, Coenie Botes, Juan van Dyk. Hilton Redelinghuys ongelukkig om tydens die finale rondte te val in Damps Dip (Draai 3). In die SBK Uitdaging was die orde Daniël Frost (#28 CHW Design Honda CBR1000), Wayne Arendse (#33 EVA Kawasaki ZX10R), Lubabalo Ntisana (#53 LB Auto Kawasaki ZX10R), Wesley Hendricks (#29 Motorwise Kawasaki ZX10R) en Shaun MacKrill (#26 GFP Lighting BMW S1000RR). In die 600cc klas het Craig Benn (#41 Shaun Benn Projects Honda CBR600RR) oorheers met Jordan Saayman (#177 Johan Saayman Honda CBR600RR) tweede en Jamie Hall derde.
API Property GTi Challenge
Jurie Swart Jnr domineer beide uitdunne in sy #39A Alpine Autohaus VW Polo 6R met Danie Munna in ‘n bemoedigende tweede posisie in sy #33A API Property Group VW Polo 6R met Zaki “Mr Worx” Hendricks derde in sy #7A Wheelworx VW Polo 6R.
Vierde algeheel en eerste in klas B was dit Zac Laden in die #64B Incledon VW Polo Sedan met Adriano Ferroli vyfde in die #4B Ferroli Performance Centre VW Polo 6 en sesde algeheel was dit Ejaaz Majiet in die #74B Mad Performance VW Polo 6.
Tristan Joubert wen klas C in sy #90C Powder Coating World VW Golf MkI 1.8 nadat Ross Schroder gediskwalifiseer is. Oliver Roach tweede in sy #11c Wealth Avenue VW Golf MkI 1.8 en in die derde plek was dit Darren Cameron in sy #22C Ubuntu Energy VW Golf MkI 1.8. Patrick Walton vierde in die #96C Shoot Away Productions VW Golf MkI 1.8 nadat hy ‘n paar ekstra draaie gery het .
Pro Oil Supercars
Kyle Hallick wen algeheel in die #31 Pro Oil SA inskrywing met Glenn Phillips tweede in die #1 Pro Oil SA motor nadat die enjinkap op die agterste pylvak losgekom het en die bakwerk verwoes het. Brad Fenner neem die derde plek in met sy #9 Pro Oil SA motor en vierde plek word ingeneem deur Robin de Vos in die eksperimentele #36 Lime Property motor. Nashrené Schloss vyfde in die #24 VCIB inskrywing en die top ses afgerond deur Pierre Pienaar in die #7 Dynamic Cleaning motor.
Kaltron Fine Cars
Roger Lewis geniet die toestande in die daklose #2 MGA 1600 om op Indeks te wen met Natasha Tischendorf tweede in haar VW Jetta Cli Mki 1.8 en Steve Whitehead derde in sy netjiese 156 Leyland Mini Clubman 1275.
Arnold Lambert vierde in die #28 Lambert Racing VW Scirocco, Michael Gelderbloem vyfde in die ratse #165 Ford Cortina MkI. Die top ses afgerond deur Leon van Lienden in sy #41 Alfa Romeo Bertone Sprint.
BMW CCCT Series Klasse C,D,E,F
Met slegs klasse C,D,E,F teenwoordig was dit steeds ietwat van ‘n stryd om te bepaal wie in watter klas meeding, maar die aksie op die baan was goed met twee baie besige uitdunne. Drama was daar vroeg toe die eerste uitdun gestaak is nadat Lloyd Brady se #41D Schildcrote Racing BMW E90 skouspelagtig gerol het in die Landstem Kinkel tussen Castrol (Draai 2) en Damps Dip (Draai 3). Daar was heelwat kontak tussen motors maar die goeie nuus was dat Lloyd ongedeërd uit sy motor kon klim.
Die wedren word hervat en dit is Henry Biddlecombe wat seëvier in die (ex-Nian du Toit Leatt) #242C AG Capital BMW E36 met Shane Williams tweede in die (ex-James king) #146C Eurogrip BMW E36 en derde was dit Wayne Hoffman in sy #27C Hoffman Property Group BMW E46 M3. Sharief Reynolds vierde in die fris #66C BMW M2 met Baby Jacobs vyfde in sy #42C Executive Decisions BMW M3 en die top ses afgerond deur Sean Teubes in die #33D RGBC BMW E36 328i.
Zack Groenewald (#43C BMW E36) wen die tweede uitdun met Henry Biddlecombe tweede, Sean Teubes derde, Kobus de Kock vierde, Ernest Page vyfde en Johan Koekemoer sesde.
Op punte was die resultaat in elke klas as volg:
C Henry Biddlecombe, Shane Williams, Zack Groenewald, Wayne Hoffman, Kobus de Kock, Sharief Reynolds
D Sean Teubes, Ernest Page, Johan Koekemoer, Bradley Sickle, Wian Louw, Fiekie Pather
E Zac Laden, Nicholaas du Toit, Daniël Blaser, Colin Davids, Shane Boscombe
F Marius Fourie
Pirelli STC650 – SSP300 – CSX8R MC
Slade van Niekerk jaag enduit voor op sy #96 Project 60 Kawasaki ER650 met Max Munton oudergewoonte in die tweede plek op sy #14 Sunscan Kawasaki ER650 en derde was dit Liam Carstens op die #42 Missile Motorcycles Suzuki SV650. Klint Munton vierde op die #12 Sunscan Kawasaki ER650 met Adrian Solomon vyfde op sy #4 The Pool King Kawasaki ER650. Abigail Bosson sesde op haar #51 Calberg Kawasaki ER650.
James Luyt wen die SSP300 kategorie op sy #74 RSRA Kawasaki Ninja 400 nadat Bradley Mustoe die eerste uitdun feitlik te voet moes voltooi op die #7 CCHSA KTM RC390 (Brandstof?). Julian Ferreira derde op sy #78 WSC KTM RC390.
Zander Taljaard wen die CSX8R klas op sy #88 Suzuki CSX8R met Jean du Preez tweede op sy #2 CSX8R en in die derde plek was dit Jannie Jordaan op sy #1 Bikeshop Boksburg CSXR. Chantall van Heerden vierde op haar #21 Bikeshop Boksburg CSX8R en sy word gevolg deur Franz du Preez op sy #3 CSX8R. Die top ses afgerond deur Michael van Heerden op sy #84 Bikeshop Boksburg CSX8R.
Jaco Viviers bring die eerste uitdun tot stilstand nadat hy te laat gerem het vir Blockkoin (Draai 1 – Hoals) en bo op die spermuur tot stilstand gekom het.
Algemeen
Vanweë al die vertragings as gevolg van die rooi vlag insidente is die tweede uitdunne van elk kategorie beperk tot slegs 7 rondtes. Seker ‘n goeie manier om tyd te wen, maar beteken dit dat die onderskeie wedrenne nie voldoen aan die minimum afstand vir hul betrokke kampioenskap? Dit het reeds verskeie kere gebeur dat ‘n dag se program sodanig aangepas is.
Gepubliseer deur: Patrick Vermaak
Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.































