Select Page

November 2026


Die Rola Toyota Somerset Wes Blinde Navigator Tydren kon nie meer opwindend afsluit as met ‘n gelykop uitslag vir die eerste posisie algeheel. Roete direkteur, Kesevan Naidoo, het gesorg vir ‘n uitdagende roete oor 65km en verkeer het gesorg vir die addisionale druk waaronder elke span se talente behoorlik getoets sou word.


Vier en dertig spanne het hulself gereed verklaar vir aksie en stiptelik om 11h00 het die eerste kombinasie weggespring in pragtige sonskyn toestande. Sowat 1 uur 24 minute is wat amptelik verwag is as die roete suksesvol voltooi is en dit was geen verrassing om na die tyd verskeie verhale van verkeerde afdraaie, of te vinnig, of te stadig by die onderskeie tydpunte aan te hoor. Almal met glimlagte vertel.


Die beamptes moet komplimenteer word vir hul vriendelike ontvangs oral tydens die byeenkoms – dit was regtig opvallend hoe aangenaam hul was ondanks die druk om almal suksesvol te verwerk. Ondanks die feit dat daar ‘n aantal baie indrukwekkende voertuie teenwoordig was het die klem hier op die verstandhouding tussen navigator en bestuurder geval – en die meeste het mekaar enkele minute voor die wespring vir die eerste keer ontmoet!


Ervaring het ongetwyfeld gehelp, maar nog nooit het twee spanne met identiese tellings aangeklop vir die eerste posisie. Corrie Uys (Tydhouer) en haar span moes redelik kopkrap om die finale uitslag te bepaal en dit was AB Rossouw en Nicky Labuschagne wat die louere opgeraap het met ‘n totaal van 435. Tweede posisie het behoort aan André Joubert en Natasha Kruger op dieselfde totaal van 435. Die uitslag van hierdie byeenkoms sal beslis lank onthou word.


Ronan Sanderson en Marius Coetzee wou net ‘n bestendige resultaat beklink met die oog op die 2026 Blinde Navigators Tydren Kampioenskap en hul derde plek met 492 behoort aan die titel te besorg. Nie amptelik tans, maar gelukwense behoort in orde te wees.


Die eerste verrassing van die dag het gekom van Elzaan Mostert (NB1) en Cairie van der Vyver wat met 560 die vierde plek ingeneem het. Elzaan is die dogter van die Koning van Paarlberg (Hennie Mostert) en suster van Berto Mostert (2013 Namibiese Tydren Navigators Kampioen) en dit was amptelik haar debuut as bestuurder. Nie alleen die beste nuwe bestuurder, maar sy het ook afgereken met haar interne Kameelperd spanlede (nog ‘n lang storie). Vir Cairie was dit ook ‘n positiewe resultaat, want sy het manlief Chris geklop.


Vars nadat Neville en Ronelle Young vyfde plek op debuut ingeneem het tydens die CHC Houwhoek Stiptheidstydren Tydren in die pragtige 1966 Datsun Fairlady 1.6 behaal Neville Young (NB2) weereens die vyfde plek op debuut, Martin Swart (PS) hierdie keer navigator en hul totaal 915. Po het natuurlik die skuld gekry vir die tweede plek in die Kameelspan orde.


James Blaser en Louis van der Sandt (PS) behaal die sesde plek met 1341. Eben van Castricum (NB3) en Abram Lintnaar sewende op 1761 met die behoorlik warm kombinasie van Alan Hughes (NB4) en Lionel Jacobs agtste op 1886. Laasgenoemde nog een van die twaalf nuwe bestuurders wat aan hierdie rondte deelgeneem het en die warm son het hul behoorlik laat bak in die pragtige afslaankap Mazda Miata MX5 1.6. Die glimlagte het egter gewys dat hul elke sekonde geniet het.


Ricker van Castricum (NB5) en Hylton Brander het die negende plek behaal op 1933 met Richard Clark en Johan Botha tiende op 1938.


Voormalige (dubbel) WP Tydren Navigators Kampioen, Mike Swarbreck, en Cheryl Kruger het die elfde plek ingeneem op 2600 en hul is gevolg Barry Morris en Myrtle Brander op 2637. Cobus Coetsee (NB6) en Len Viljoen het goed vertoon onderweg na 13de plek op 2661. Stefan du Toit en Anton Engelbrecht (PS) veertiende op 2883 met Martin Esterhuyzen Jnr en Elizabeth Fransman vyftiende op 2964.


Pieter Steyn en Chris van der Vyver (PS) het die roete vanuit alle rigtings verken onderweg na sestiende op 3115, maar die dag terdeë geniet. Philip Calder en Jennifer Smidt (PS) stil sewentiende op 3116 gevolg deur Fanie Venter (NB7) en Veronica Vosloo op 3203 in die agttiende posisie. Bakkie Pather (NB8) en André Steyn negentiende op 3634 met Zahir Jacobs (NB9) en Elouise Toerien twintigste op 3645.


Jim Page (NB10) het “Teddy” nuwe vriende laat maak en Michael Diergaardt het rigting aangedui onderweg na 21ste op 3689. André Boersma en Marius Swart 22ste met 3723 en Willem Toxopeus en Joan Rossouw eindig 23ste met 3734. Johan Vermeulen (NB11) en Bianca van Schoor eindig 24ste op 3800 met Alta Colyn en Bertus Colyn 25ste op 3979. Robin Burger (NB12) en Hein Richter 26ste met 4019 en hul is gevolg deur Carina Steyn (NB13) en Simoné Smit op 4200.


Steyn Grobler en Caroline Turner het ook terug gekeer met maksiumum punte in die 28ste plek, so ook Craig Harper en Christo Vorster, Jacques Trankel en Skÿla Trankel asook David Pike en Karin Fourie (PS).


Vir redes onbekend het Dane Sasman en Conrad Bresler (PS) nie op die uitslag verskyn en veteraan Ekhardt Kriebel en Dries Burger kon nie wegspring nie.


Deelnemers en beamptes het ‘n aangename “Lunch with Zaan” ete geniet alvorens die prysuitdeling by Rola Motors Somerset Wes plaasgevind het. Die enigste teleurstelling was die feit dat dit die finale byeenkoms van die 2026 seisoen was.


Die goeie nuus is egter dat daar alreeds ‘n voorlopige 2027 kalender bestaan met agt byeenkoms daarop:


13 Februarie 2027 Tableview
13 Maart 2027 Tulbagh
10 April 2027 Mosselbaai
8 Mei 2027 Paarl
16 Julie 2027 Moorreesburg
7 Augustus 2027 Swellendam
4 September 2027 Worcester
13 November 2027 Strand


Bogenoemde datums is voorlopig en mag aangepas word om botsings met ander motorsport gebeure te vermy. Hou die media dop vir hierdie aankondigings.


(NB) Nuwe Bestuurder en posisie behaal
(PS) Beperkte Sig

Gepubliseer deur: Patrick Vermaak

Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.