Select Page

Veertien spanne verklaar hulself gereed om die derde rondte van die nasionale tydrenkampioenskap aan te durf in die Malmesbury distrik op Saterdag 25 April 2026 waar ses sneltrajekte voltooi moes word in gunstige weers omstandighede.
Benjamin Habig en Barry White herhaal hul bykans foutlose vertoning van dag een om weereens gemaklik te wen – hul dere agtereenvolgnde oorwinning vir 2026. Nico en Juandré Nienaber keer terug na ‘n ongelukkige eerste dag en motiveer hul #99 NRC1 Born2Fly Hyundai i20 1.6 Turbo 4×4 om tweede te eindig. Maar wees verseker dat die borers daardie 0.5sek per kilometer agterstand sal probeer uitwis.


Chris Coertse en Matt Köhler ‘n bestendige derde in die #3 Rally Technic Volkswagen Polo 1.6 Turbo 4×4 met spanmaats Jono van Wyk en Nico Swartz vierde in hul soortgelyke #66 NRC1 Rally Technic Volkswagen Polo 1.6 Turbo 4×4. Ismaeel Davids en Yusuf Ganief bou verder aan hul selfvertroue met vyfde plek in die #431 NRC2 ID Paving Toyota Yaris GR 1.6 Turbo 4×4 en Nick Davidson en Ashley Bezuidenhout sluit hul debuut in die Wes Kaap af met ‘n goeie sesde plek in die #522 Davidson & Sons Volkswagen Polo 2.0 Turbo 4×4.


George Smalberger en Etienne Lourens sewende algheel in die #7 NRC3 Shield Racing Volkswagen Polo 1.0 Turbo met hul spanmaats Kent en Justin Rutherford agtste in hul #33 NRC3 Shield Racing Volkswagen Polo 1.6. Anton en Isabel Raaths negende met hul #210 NRC3 Pretoria Noord Toyoya Auris 1.6 en die finale span tuis weereens , Mark Jones en Kesevan Naidoo in die amptelike #23 NRC2 Toyota Gazoo Racing SA Yaris GR 1.6 Turbo 4×4.


Namibiërs,Wido Bartsch en Raymond Fourie onttrek die #13 NRC2 Safewear Toyota Yaris 2.0 4×4 S2000 nadat hul die grasietyd oorskry het. Bruce Swatton en Craig Reyneke moes na vier trajekte die handdoek ingooi met die #35 NRC2 proAfrica Volkwagen Polo 2.0 Turbo 4×4 en Lynton Swattone en Tommy Coetzee moes reeds na drie trajekte hul #57 NRC2 proAfrica Volkswagen Polo 2.0 Turbo 4×4 onttrek . Johan Strauss en Caro Storm moes ook tou opgooi nadat die remme op hul #29 NRC2 Subaru Impreza 2.5 4×4 onklaar geraak het na sneltrajek vier.

Gepubliseer deur: Patrick Vermaak

Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.