Dit is ‘n wyle sedert daar soveel polimiek têr sprake was met betrekking tot ‘n enkele renmotor. Ken Howes het SA motorsport omgedop met die bou van die silhouette “low rider” vir Ian Scheckter toe hy die reëlboek se oë laat traan het en Smokey Yunick breed laat glimlag het.
Basil van Rooyen het in 1972 verder gebou op dit wat Basil Green vir die Ford Capri gedoen het onder die Perana vaandel. Die sportiewe Chevrolet Firenza het V8 tande gekry en die “Little Chev” Can Am het kragte gemeet met internasionale sportmotors to die brandstof krisis motorsport gefnuik het.
Beide konsepte eg Suid Afrika en tot vandag is die Perana en Can Am van die mees gesogte motors onder versamelaars. Eg oorspronklike renmotors is raar as gevolg van die natuur van die sport waar die strewe na die onregverdige voordeel altyd lei tot veranderings en ontwikkelling. Die doelwit, altyd, om vinniger as die opposisie te wees!
Willie Meissner, Basil Green en Basil van Rooyen het drie legendes geskep wat hul name sal laat voortleef. Die Can Am legend het lank oorleef in die Oos Kaap met Des Ally se motor selfs in die hande van Tommy Dunn op Killarney.
In die modern era word ontwikkelling deur “bracket racing” ingeperk waar vrye teuels nie oral verwelkom word nie. Ongeag van die reeks is die konsekwente toepassing van reëls sekerlik die aspek wat kredietwaardigheid daartoe verleen en dit moet respekteer word.
Om egter ‘n week vooraf te velde te trek teenoor ‘n kombinasie wat sonder enige twyfel die trekpleister van die dag sou word ten opsigte van publieke aantrekkingskrag het regtig teleurgestel. Rudolf de Vos en die Humansdorp #24 “Little Chev” Can Am die morele wenners deur self die besluit te neem om eerder huiswaarts te keer in die wete dat Nian du Toit op ou bande steeds 1min15.8 vermag het. Bravo!
API Eiendom GTi Uitdaging 2×8 Rondtes
Shane Williams (#46A Cellucity) en Ian Kapp (#65A Hydracor Hydraulics) het mekaar as eenheid agtervolg vir die volle sestien rondtes van die twee uitdunne en hul was die enigste twee deelnemers in klas A.
Brett Roach het sy veteran status gestand gedoen deur sy ouer Mutual Valet #05A VW Jetta ‘n oorlas te maak tussen die meer modern motors en slegs Zac Laden kon voor hom eindig in die klas met sy Incledon #64B Polo Sedan. Shaun Liebenberg derde in sy Liebentech Wine Service #75B Polo 6R.
Danie Sandenbergh (#77B Eikestad Panelbeaters) het die risiko om ala Ken Block gediskwalifiseer te word omdat sy motor te lig sou wees sonder die voorste buffer en koplig en boonop het die linker agterdeur ‘n bewegende aerodinamiese voordeel ingehou? Dis stukke wat behoue gebly het is uitendelik vierde algeheel geklassifiseer. Ejaaz Majiet (#74B) vyfde en Eugene Gelderblom (#93B Marks Auto Care) sesde.
Vir Faizal Jacobs (#40B Century Karting), Daniël Sandenbergh Jnr (#49B Eikestad Panelbeaters) en Adriano Ferroli (#4B Ferroli Performance Centre) het verrigtinge afgesluit in die eerste draai toe hul letterlik oor mekaar probeer jaag het en die wedren is gestaak om die motors te verwyder.
John Smith het sy eerste wegspringplek in klas C goed benut en eenvoudig voor die moeilikheid gebly om te wen in sy #66C SFX & Stunt Golf MkI 1.8. API Eiendom spanmaats Ross Schroder (#16C) en Devon Dreyer (#68C) onderskeidelik tweede en derde met André Roe vierde in sy #70C DVE Motorsport Golf. Patrick Walton (#96C ShootAway Productions) en Connor Joubert (#53C Powder Coating World) vyfde en sesde.
Pro Oil Supercars 2×8 Rondtes
Riaan “Stompie” Swart het die uitnodiging aanvaar om sy ovaalbaan #47 Tigra-Beams 2.1 renmotor op die lang baan te kom beproef en die liggewig buisraam renmotor het die geleentheid maksimaal benut deur beide uitdunne gemaklik te wen. Daar is onderhandelinge agter die skerms om meer van hierdie motors te lok en ‘n addisionele klas kan dalk net wees wat nodig is om getalle te laat groei.
Komplimente nietemin aan die Supercar geledere self wat hierdie keer kon spog met twaalf motors op die wegspring rooster. Verdedigende kampioen, Glen Phillips, het sy #1 Pro Oil motor foutloos aangespoor tot tweede algeheel met Pierre Pienaar die verrassing in ‘n baie mededingende derde algeheel met die #7 Lime Property Management inskrywing. Brad Fenner (#9 Pro Oil) vierde, Nashrené Schloss (#24 Lime Property Management) vyfde en die top ses afgerond deur ‘n teleurgestelde Andrew Moffitt (#39 Greymo Construction).
Kaltron Puik Motors 2×8 Rondtes
Die reeks maak hul eerste verskyning vir die jaar met elf inskrywings teenwoordig en hoewel die uitslag op die baan die motors se verrigting aandui is die amptelike uitslag bepaal deur die Verrigtings Indeks en dit was Stephen Whitehouse (#156 Leyland Mini 1275) eerste met veteran Roger Lewis tweede in sy #2 MGA 1.6.
Arnold Lambert het op sy verjaardag deelgeneem in die Klubman spesifikasie Lambert Racing #61 VW Jetta MkI 2.0 in die wete dat hy kanker vry derde geeindig het op Indeks!
Dave Alexander het die PiriPiri Racing #91 MGA 1.6 vierde tuisgebring met Günther Appelgryn vyfde in die netjiese Appelgryn Trading #13 BMW E36 325i. Die 2025 kampioen en voorsitter van die Kaltron Puik Motors, Natasha Tischendorf, sesde algeheel in die #1 VW Jetta CLi 1.8.
Peter Hitchcock verras deur die tweede uitdun by die geruite vlag te wen in sy Cross Cape Forklift Services #69 Ford Mustang V8 Notchback.
Cadiz BMW CCCT Serie 2×8 Rondtes
Marco Retter ondervind nie veel moeite om algeheel eerste te eindig in sy Progress Performance Engineering #50A BMW E46 Turbo met Connor Kilbride indrukwekkend in die tweede plek met die Racing Spirit #142C BMW M3. Mansoor Parker derde in sy #46A BMW Turbo en Nian du Toit vierde in die kleurvolle Leatt / NDT Racing #20B BMW E36 328i 3.0. Zack Groenewald het beindruk in vyfde plek met sy kleurvolle Alpine Autohaus #43X BMW E46 en die top ses afgerond deur Dillon Joubert in die Powder Coating World #44C BMW E36 3.0.
Ernest Page (CRA Racing #19D BMW E36 328i) wen klas D met Johan Koekemoer tweede in sy Valuecrete #24D BMW E46 en die baie entoesiastiese Kobus de Kock derde in die Interactive Signs #77 BMW E36 328i 3.0 met aangepaste voor deure. Sean Teubes vierde in sy RGBC #33 BMW E36 328i, Sharief Reynolds (SMG Constantia #66D BMW M2) vyfde en Lloyd Brady sesde in sy Schildkrote Racing #41D BMW E90 330i.
Zac Laden eien klas E in die Incledon #64E BMW E36 328i met Yusuf Hendricks tweede in sy MYH Motorsport #36 BMW E36 328i, Mia Bensch derde in haar Compact Robotics #110E BMW E36 328i. Hennis van Zyl (Tuttis #73F BMW E36) voor Quinton Carstens (Strand Anodising #119F BMW E36) en Barry Williams (Tri Brake & Clutch Stikland #117F BMW E36) in klas F.
Met Nian du Toit Snr agter die stuur van die 10E NDT Racing BMW E36 328i 3.0 spog die CCCT reeks nou met nie minder as drie Vader en Seun kombinasies in hul midde. Koos Swanepoel Jnr en Sebastian Swanepoel het hul debuut gemaak tydens die vorige byeenkoms en nou was dit Nian Jnr en Nian Snr wat hul buiging gemaak het. Met die volgende byeenkoms sal dit Werner Koekemoer wees wat by sy seun Johan Koekemoer sal aansluit.
Pirelli STC 650 & SSP300 Motorfietse 2×8 Rondtes
Die 650cc kategorie beleef ‘n mini ontploffing met verskeie nuwe kombinasies teenwoordig. Slade van Niekerk (#96 Kawasaki ER650) sou beslis die maatstaf wees, maar ironies genoeg het sy motorfiets met enjin probleme nie verskyn nie.
Allann-Jon Venter (#21 Suzuki GSX-8R) verras met ‘n vasberade poging om algeheel as die wenner uit ‘n verbete stryd te tree met veteraan Jonny Towers (#17 Suzuki SV650) wat voortdurend in sy nek geblaas het en Klint Munton (#14 Sunscan Kawasaki ER650) derde. Abigail Basson (#51 Calberg Hydraulics Kawasaki ER650) in ‘n moedige vierde, Ryan van Nieuwkerk (#13 Andalaft Racing Yamaha R6) vyfde en Franco Flach (#5 Aocon Kawasaki ER650) sesde. Die spreekwoordelike kombers sou die top drie bedek het vir die volle sestien rondtes en dit kon maklik die top vyf gewees het as Adrian Solomon (#4 The Pool King Kawasaki ER650) nie sy huwelik met ‘n stofwolk in draai een gevier het nie.
Die minder kragtige motorfietse bied absoluut geen reserwes en met almal waarskynlik besig om harder te druk as wat aanbeveel word is die geringste fout gewoonlik met gevolge! Liam Carstens (#42 Missile Motorcycles KTM RC390) erf die SSP300 kategorie oorwinning nadat Bradley Mustoe (#07 CCHSA KTM RC390) en James Luyt (#74 RSRA Kawasaki Ninja 400) kontak gemaak het kort na Damps Dip en Luyt se motorfiets amper in Sarel se sweepdraai tot stilstand gekom het.
Sekerlik een van die dag se hoogtepunte met die uitslag altyd in die weegskaal.
Warwick Wealth Sports & GT 2×8 Rondtes
Dawie Joubert trek sy ore plat in die nuut herboude #18 Le Joubert Racing Proto Nova 5.0 V8 en stel die vinnigste rondetyd van die dag op met 1min08.038 onderweg na algehele oorwinning. Dit sal nou interessant wees om beide die Ginetta G57 LMP renmotors en die tweede Proto Nova saam op die baan te sien.
Tans die absolute toonbeeld van modern tegnologie sou die kontras nogal mooi gewees het as die 1973 Can Am brutaal en onafgerond tweede verby die vlag kon jaag.
Francis Carruthers eindig tweede in die Harp Motorsport #69X Pilbeam MP84 en in die derde plek was dit Connor Kilbride in die hardwerkende Racing Spirit #42C BMW M3. Sandro Biccari vierde in die rates #3B VW Juno S3 met Gary Thomson in die #17X APV347is. Die Owen Ashey ontwikkelde buisraam Ford Mustang V8 Masters reeks is uitgenooi om saam met die Sport en GT kategorie deel te neem.
Maarten Prins sesde in die #72B Motul Porsche GT3 Cup en in die sewende plek was dit Stuart Spooner in die #55X APV 347is. Marcel Angel het die nuwe weergawe #46X Mustang V8 Pro agtste algeheel tuisgebring nadat ratwisselling nie altyd wou saamwerk nie. Tiaan Burger negende in die #29X Burgers Equipment APV 347is en die top tien afgerond deur Eric Salomon in die klassieke Lotus 23 replika #23D ELF S 06.
Pirelli Klubman – Klassiek – Ontbyt Ren Motorfietse 2×8 Rondtes
Malcolm Govender wen gemaklik op sy #6 BMW S1000RR met Mattthew Deuse sy enigste bedreiging op die #20 Motorwise Kawasaki ZX10R. Deuse weereens merkwaardig in sy vertoning met ‘n linker kunsbeen onder die knie. Wesley Hendricks derde op sy #55 Auto Bodyworks Kawasaki ZX6R en William Morries vierde
op die Kevin Swantz baseerde #34 MB Aircon Strand Suzuki GSXR1000. Hennie Schelhase vyfde algeheel op sy #97 BR Honda CBR600RR en die top ses afgreond deur Saud Adam op sy #66 Honda CBR600RR.
Thermo Fires Klubman Sedanmotors 2×8 Rondtes
Zack Groenewald jaag foutloos om algeheel te wen in sy #43 Alpine Autohaus BMW E46 – met ‘n bietjie hulp van Jaco Lambert in die derde plek. Die #29A Lawntech Racing VW Polo 1.8 het vroeg weggespring in die eerste uitdun en dertig sekondes straftyd is toegepas. In die tweede ren was die stryd om die eerste plek werklik aanskoulik en die twee het soos een by die geruite vlag aangekom.
Die straftyd het beteken dat Shane Justus tweede eindig in die pragtige #69B Auto Pro VW Golf MkI met die #79B Audi Auto Clinic VW Golf MkI van Paul Munnik vierde. In teenstelling met die Justus Golf kan Munnik dalk oorweeg om sy motor se voorkoms te verbeter. Dillon Joubert vyfde in sy #1C Powder Coating World BMW E46 330i en die top ses afgerond deur André Johnson in die pragtige #8D Executive Decisions Audi S4 Quattro.
Evert du Toit wen klas E in sy enorme #451E New Engineering Ford Falcon en John Wheldon wen klas F in sy #77F VW Golf MkI.
Bejo Trustees Formule Libre 2×8 Rondtes
Jason Coetzee domineer in die #77S Reynard FVW met die soortgelyke #20S Dico FVW van Dee-Jay Booysen tweede en Richard Carr derde in die #8V ERA Racing Forza Vee. Damian White val terug tot vierde nadat hy draai 5 effe weier aangedurf het in die #29C DraKen Racing Ray FGTi. Joshua Smit vyfde in sy #83V S&S Racing Rhema 2 met Kelly Fletcher sesde in haar #22V Dolphin Engineering Forza.
Laude Klassieke Motors 2×8 Rondtes
Franco Donadio wen uiters gemaklik algeheel in die #32A Donadio Plant Hire Chev Can Am V8 met Boetie van Zyl tweede in die #72A Xtreme Auto Ford Fairmont GT 351 en derde behoort an die #68B Cross Cape Forklift Services Ford Mustang V8 Notchback van Ferdi Mouton. Eric van der Merwe vierde in die #89A Lynx Motorsport Porsche 944T met Wayne Lötter vyfde in sy haastige #120C Lotspeed Ford Escort MkI 2.0.Robert Rowe sesde in sy #11C Veldt Reared BMW E30 325i.
Nicholas Fourie wen klas D in sy #22D VW Golf MkII 1.8 en Bradley Rowe wen klas E in sy #27E BMW 2002i. John Weldon wen klas F in die #77F VW Golf MkI.
Pirelli Superfietse – Meesters – 600cc Motorfietse 2×8 Rondtes
Tristin Pienaar absoluut onstuitbaar op die #50 Missile Motorcycles Honda CBR1000RR ondanks die sterkste veld tot op hede as opposisie. Kewyn Snyman vier sy terugtrede met tweede algeheel op die #79 Missile Motorcycles BMW S1000RR met Allann-Jon Venter as skaduwee in die derde plek op sy #39 TruVine Kawasaki ZX10Ren Damion Purificati vierde op sy #88 Amalgum Welding Shop BMW S1000RR. Ronald Slamet vyfde op sy #68 RSRA Yamaha R1 en die top ses afgerond deur Malcolm Rapson iop die #46 Racebase Suzuzki GSXR1000.
Juan van Dyk #24 wen die SBK Uitddaging met Richard Slamet tweede op sy #98 RSRA Kawasaki ZX10R met Daniël Frost derde op die kleurvolle #28 CHW Design Honda CBR1000 en Wayne Arendse vierde op sy #33 EVA Kawasaki ZX10R. Shaun MacKrill vyfde op sy #26 GFP Lighting BMW S1000RR.
Matthew Hart wen die 600cc kategorie op sy #31 Suzuki GSXR600 met Jordan Saayman tweede op die #177 Honda CBR600 en derde was dit Zander Taljaard op die #88 TMS Suzuki GSXR750.
Gepubliseer deur: Patrick Vermaak
Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.


















