Twintig wedrenne, almal nou oor 8 rondes het weereens die program vlot laat verloop om redelik vroeg klaar te maak! Daar was goeie renne binne renne met die Superfietse sekerlik weer die skouspel van die dag.
Cadiz BMW CCCT 2×8 rondes
Nian du Toit verras deur algeheel te wen in die ex-Marco Retter #20C NDT Racing BMW E36 3.0. Natuurlik het die motor baie gewig afgeskud en alles is tot beter as goed ingestel, maar dit was steeds ‘n plesier om man en masjien in harmonie te sien op die baan.
Marco Retter het na die sekere wenner gelyk in die #50A Progress Precision Engineering BMW E46 Turbo en gegewe die spoed waarmee die motor draai 5 genader het kon niks enige teenstand bied. Die turbo groet egter vroeg in die tweede uitdun. Nog nie in die Nian du Toit liga wat mik na 1min09 rondetye, maar beslis heelwat nader aan die merk.
Kai van Zyl vergoed vir die teleurstellende debuut van sy #34B Origen Oil BMW E82 M1 in Februarie deur tweede algeheel te eindig na ‘n goeie vertoning op die baan. Die altyd bestendige Dillon Joubert derde in sy #44D Powder Coating World/TAC Steel/Euroblitz BMW E36. Dexter Bruce vierde in die pragtige #143D Tracktion BMW E82 M1 met Connor Kilbride vyfde algeheel in sy #142D Spirit Racing BMW E36 2.8. Mark Gray sesde algeheel in sy kragtige #8F Beyond Capital BMW E46.
Heelwat van die gereelde name het ontbreek met hierdie geleentheid maar 26 motors was steeds bemoedigend en daar was ‘n paar interessante nuwelinge betrokke. Sebastian Swanepoel is die seun van Koos Swanepoel Jnr en laasgenoemde kon envoudig nie meer die versoeking ignoreer nie en het sy buiging gemaak in die #61F KSD Racing BMW E46. In sy haas om Seabstian agter hom te hou het hy die rathefboom uit die ratkas losgeruk en moes hy die aftog blaas in die tweede uitdun.
Johan Koekemoer moes die eerste wedren misloop sodat Pa, Werner, en sy tweeling suster,Leané, die Porterville Tydren kon gaan wen in hul Valuecrete BMW E36 3.2. Hierdie keer was Johan egter slaggereed vir sy edbuut en het beindruk deur nie baie vêr agter sy goeie vriend, Sebastian, te eindig.
Ernest Page sewende algeheel in die #19E CRA Racing BMW E36 328i 3.0 met Sean Teubes agtste in sy #33D RGBC BMW E36 328i 3.0 met Kobus de Kock negende in sy #77Interactive Signs BMW E36 328i en tiende was dit Sebastian Swanepoel.
Pirelli STC650 en SSP300 Motorfietse 2×8 rondes
Slade van Niekerk domineer die kategorie op sy #96 Project Sixty Kawasaki ER650 en sny selfs die gras rante deur Draai 5. Max Munton tweede op sy #14 Sunscan/Mag Workshop Kawasaki ER650 en Adrian Solomon derde op sy #4 The Pool King Kawasaki ER650. Abigail Bosson het hom egter baie besig gehou in die eerste uitdun om slegs 0.001sekondes na hom te eindig op haar #51 Project Sixty Racing Kawasaki ER650. In die tweede uitdun was dit Franco Flach wat sy lewe moeilik gemaak het op sy #5 Aocon Kawasaki ER650. Flach vierde algeheel en Bosson vyfde met Lance Jonas sesde op sy #83 One X/Samurai Racing/Fifty8Performance Yamaha MT07.
Die tweestryd tussen James Luyt sy #74 RSRA Kawasaki Ninja 400 met Bradley Mustoe op die #7 CCHSA KTM RC390 was een van die dag se hoogtepunte en Luyt moes hard werk om uiteindelik die SSP300 kategorie te wen.
Warwick Wealth Sport & GT Motors 2×8 rondes
Gary Kieswetter wen gemaklik in die #43S Advanced Packaging Technology Ginetta LMP2 G57 met Divan Wentzel tweede in die Keith Fourie #48 SSB Transport Porsche GT3 Cup en in die derde plek was dit Weylin Volschenk in sy #52B IMC-SA Porsche 911 GT3 Cup gevolg deur die #72B Motul Porsche 911 GT3 Cup van Maarten Prins. Connor Kilbride vyfde algeheel in die #70C Racing Spirit BMW M3, met Marius Fourie sesde in die #58D PHB Racing Mercedes SLK V8.
Pirelli Clubman, Klassiek en Ontbyt Motorfietse 2×8 rondes
Richard Slamet neem die eerste plek algeheel in op sy Clubman #98 RSRA Kawasaki ZX10R met Jordan Saayman die eerste Clubman 600cc tuis en tweede algeheel. Malcolm Govender derde algeheel op sy #6 BMW S1000RR.
Lubabalo Ntisani eindig vierde algeheel op sy #53 LB Auto Honda CBR600 met Byron Arendse vyfde op sy Ontbyt Ren #25 Apex Bets/Project60 SA Kawasaki ZX10R.Saud Adam sesde op sy Ontbyt ren #66 Honda CBR600RR. Augustin Ntwari sewende op sy #43 TAG43/Lekka Racing Yamaha YZF-R1 met Hennie Schelhase agtste op sy #97 Honda CBR600RR.
William Morries negende op die #34 MB Aircon Strand Suzuki GSXR 1000 en die top tien afgerond deur Wesley Hendricks op sy #55 Auto Bodyworks/Motorwise/Ubuntu Movers Kawasaki ZX6R.
Thermo Fires Clubman Sedanmotors 2×8 rondes
Jaco Lambert wen algeheel in sy haastige #29A Lambert racing VW Polo 1.8 met Dexter Bruce tweede in sy #143Tracktion BMW E36 en in die derde plek was dit Steven Gouws in sy #34A Thermo Fires VW Jetta 3 Turbo.
Mario Roux vierde algeheel in sy #20C Auromar VW Polo 1.8 met Shane Justus vyfde in die #69B Auto Pro/DJAS Clothing VW Golf Mk Ien die top ses afgerond deur Willem Swart in die #222B WFS Motors VW Jetta Cli 2.0.
Faizal Jacobs wen klas C in sy #144C Tracktion Driving Experiences/ Century Karting BMW E46 M3 terwyl André Johnson klas D wen in die #8 Audi S4 Quattro. Hermanus Huysamen wen klas E in sy #330 Clikit Media BMW E36 330i en klas F word gewen deur Adrian Roberts in sy #145 Tracktion Driving Experience VW Polo 6.
Bejo Trustees Formule Libre 2×8 rondes
Twee MSA4 renmotors sluit aan by die plaaslike reeks têr voorbereiding vir die openingsronde van die SA kampioenskap op Killarney volgende Saterdag. Jason Coetzee en Storm Lanfear trakteer die toeskouers op twee briljante renne waar enigeen kon wen met die #77S VW Reynard van Jason Coetzee uitendelik die wenner met die #27 VW Reynard tweede.
Guido Bidoli eindig derde in sy #15 VW MSA4 met Gianna Pascoal vierde in die #17 VW MSA4 renmotor. Richard Carr, #8 ERA Racing Forza Vee, die eerste FVee in vyfde plek en die top ses afgerond deur Joshua Smit in sy #83 S&S Racing Rhema 2.
Laude Klassieke Renmotors 2×8 rondes
Franco Donadio domineer in sy #32A Donadio Plant Hire Chev Can Am V8 met Trevor Momberg tweede in sy #73B Alla Scale/ M&E Auto Ford capri 3.4 V6 en die die top drie afgerond deur André Diedericks in die #182C Ford Capri Perana Replika V8. Bryan Evans vierde in sy haastige #441B Cape Eye Laser Ford Escort Mk I en PW Louw plaas sy pragtige #80E Mazda Capella Wankel vyfde. Die top ses afgerond deur Dave Alhadeff in sy #95B Intellibus BMW E30 325iS.
Pirelli SBK – SBK Uitdaging – Meesters – 600cc Motorfietse 2×8 rondes
Tristin Pienaar domineer die SBK kategorie op sy #50 Missile Motorcycles Honda CBR1000RR desondanks die feit dat hy sterk opposisie teenwoordig gehad het.
Damion Purificati tweede elgeheel op sy #8 Andalafr Racing BMW S1000RR met Allan Jon Venter derde op die #43 TruVine/Vault Markets Kawasaki ZX10R. Ronald Slamet vierde algeheel op sy #68 RSRA Yamaha R1 met Troy Tonking vyfde op die indrukwekkende #52 KTM Centurion Transfire KTM RC8C.
Malcolm Rapson sesde op die #46 Racebase Suzuki GSXR1000 met Trevor Wrstman sewende op sy #60 Project60 SA Kwasaki ZX10R en Ryan van Nieuwerk agtste op sy #11 Andalafr Racing Yamaha R6. Eeden Heyns negende op sy #82 BMW S1000RR en tiende was dit Zander Taljaard op sy #88 TMS & Aluminium Purpose Suzuzki GSXR750.
Die dag se enigste werklike insident Mark van den Berg wat in Damps Dip geval het met #96 GFP Superbikes Kawasaki ZX10R. Hy kon gelukkig weg stap van die ongeluk.
API Property GTi Uitdaging 2×8 rondes
Ian Kapp die enigste klas A deelnemer om die eind resultaat te haal in sy #65A Hydracor Hydraulic VW Polo 6 met die #8B Spice Mecca VW Polo 6 van Nur Abass tweede, Brett Roach derde in sy #5B Mutual Valet VW Jetta. Daniël Sandenbergh Snr vierde in sy #49B Eikestad Panlebeaters VW Polo en Mohammed T Khalfey vyfde in sy Mad Performance VW Polo. Die top ses afgerond deur Ejaaz Majiet in sy #74B VW Polo.
Ryan van Eden wen klas C in die #28C VW Claremont Citi Golf MkI 1.8 en hy word gevolg deur Daniël Munna in die #33 API Property Group Citi Golf MkI 1.8. Tristan
Pro Oils LP Supermotors 2×8 rondes
Glen Phillips wen gemaklik in die #1 Pro Oil motor met Kyle Hallick tweede in sy #31 Pro Oil inskrywing en in die derde plek was dit Pierre Pienaar in sy #7 Lime property Management inskrywing. Brad Fenner vierde in sy in sy #9 Pro Oil motor.
Leon Chetty vyfde in sy #15 Lime Property Management inskrywing en die top ses afgerond deur Richard Lovett in die #8 Opel Supercar.
Pirelli V8 Masters 2×8 rondes
Fabio Tafani maak dit duidelik dat hy terug is in die reeks end at die #3 CLUB Refrigeration inskrywing nie maklik geklop gaan word nie, Verdedigende kampioen, Sean Moore, tweede in die #1 Sealink Trading APV347is. Gary Thomson derde in sy #17 motor.
Gepubliseer deur: Patrick Vermaak
Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.



















