Select Page

Op 15 November 1958 het Ian Fraser-Jones en Tony Ferguson die 1ste 9 Uur Wedren algeheel gewen in hul Porsche 356 Carrera Speedster maar dit was Ernest en André Pieterse wat die meeste aandag getrek het deur hul standard Alfa Romeo Guilietta Ti 1.3 derde verby die geruite vlag te stuur. Vandag word dit aanvaar dat hierdie wedren die eerste was waarin “gewone” produksie motors in aksie te siene was.


Richard Petty sluit ‘n luisterryke NSACAR loopbaan af op 15 November deur sy 1184ste wedren te voltooi. King Richard tree uit met 7 NASCAR titels en 200 oorwinnings op sy kerfstok.


Red Bull koop die Jaguar F1 span op hierdie datum in 2004 en in 2020 wen Lewis Hamilton sy 7de F1 titel deur die Turkse GP te wen in sy Mercedes.


Die finale rondte van die 2025 Lime Property Management Power Series sluit ‘n aksie belaaide streek kampioenskap seisoen af op die Killarney Internasionale Renbaan in uiters winderige, en baie warm toestande.


Spirit Invest Sport & GT Cars 2×10 Rondtes
Reeks met enorme potensiaal, maar nie een keer kon al die inskrywingslys dit werklik reflekteer in 2025. Ai, dit sou fantasties gewees het as al die sportmotors saam in dieselfde wedren kon meeding.


Troy Dolinschek en Gary Kieswetter deel die #43S Ginetta LMP G57 en hoewel die sterke suid weste wind record pogings gefnuik het was daar min teenstand vir die kragtige sportmotor op die dag. Charl Visser verras deur die #33S Charl Engineering Porsche GT3 Cup 4.0 tweede tuis te bring met Dawie Joubert deurgaans op die agterste buffer in die ex-Nick Adcock #15S Novo Proto Coyote V8.


Tate Bishhop voltooi sy sportmotor debuut in die vierde plek met die #4X Angri Audi R8 GT4 met die haastige #28B Nissan Silvia S24 Turbo van Yanni Hatzi in die vyfde plek. Weylin Volschenk bestendig in sesde plek met die #52B IMC-SA Porsche 997 Cup. Wayne Hoffman sewende in sy #27C Porsche GT3 Cup en in die agtste plek was dit Tristan de Nobrega in die #70 Spirit Racing BMW M3.


Dax Fine behaal negende in die #88 Shelby Can Am V6 en die top tien word afgerond deur Eric Salomon in sy #23 ELF S 06.

Thermo Fires Clubmans Saloons 2×8 Rondtes
Die reeks wat konstant die indruk skep dat dit die vinnigste motors wil ontmoedig om deel te neem. Mathys Pretorius hierdie keer afwesig want hy was in Namibië besig om die tweede plek los te jaag in die Shell V-Power Swakopmund Tydren met sy veldren Renault Duster V8.


Shane Smith jaag amper sonder teenstand na die eerste plek in die #22A Truckport Logistics BMW E36 Turbo met die onbeskof haastige #64A New Engineering VW Golf MkI 1.8 van Michael le Sueur tweede en Gary Smith derde in sy #71B Truckport Logistics BMW E36.


Willem Swart beindruk met vierde plek in sy #222B WFS Motors VW Jetta 3 en hy word gevolg deur Steven Gouws in die #34B Thermo Fires VW Jetta 3 Turbo. Zack Groenewald het amper verveeld begin lyk onderweg na sesde plek in die #43 N2 Towing BMW E36 328i en het darem so nou en dan die stert geswaai om besig te bly.


Paul Munnik sewende in die #79B Audi VW Clinic VW Golf MkI 2.0 en hy is gevolg deur die nuut herboude #444C Powder Coating World BMW 330i van Dillon Joubert. Faizal Jacobs negende in sy heldergeel #144C Traction Driving Experience BMW M3 3.2 en die top tien afgerond deur Guy Neynes in sy #30C Truckport Logistics BMW E46.


Peter Kannemeyer wen klas D in sy #12D Speed Precision Engineering VW Golf MkI met Bernard Lehmann tweede in sy #83D Opel Corsa 2.0 en David Vermaak derde in sy #27D AbsorbItAll BMW E36 3.0. Evert du Toit wen klas E in sy #451E New Engineering Ford Falcon V6 met Ley Fielding tweede in sy #67E BMW E36 325i. Hermanus Huysamen wen klas F in sy #330F Etchmail BMW 330 met Adrian Roberts tweede in sy X145F Tracktion Driving Experience VW Golf MkI
Pirelli MGA Racing Clubmans, Classic and Breakfast Run MC 2×9 Rondtes


Wisselvallige reeks want die inskrywingstal kan nooit werklik bepaal word nie met die deelnemers amper die motorfiets vrywilligers wat ry vir plesier, maar dit is waar môre se potensiaal ontdek word.


Hilton Redelinghuys domineer aan die voorpunt van die veld op die #97 Honda met Lubabalo Ntisani tweede op sy #53 Clubman LB Auto Honda CBR600RR en in die derde plek was dit Wesley Hendricks op sy #55 Clubman Auto Bodyworks Kawasaki ZX6R. Jordan Saayman vierde, Conrad Meyer vyfde en Saud Adam sesde.


Laude Classic Cars 2×9 Rondtes
Vir oud en jonk verteenwoordig die klassieke renmotors persoonlike eras as kind of volwassene. Heimweë uit die dae waar Ford en Alfa Romeo, of Chevrolet en Ford, of BMW en Mazda ens mekaar trompop geloop het as die jeug se gunsteling verrigting produksie motor.


Michael Hitchcock loop enduit voor in sy #67A Cross Cape Forklift Services Ford Mustang Notchback V8 met Franco Donadio as skaduwee in die #32 Donadio Plant Hire Ford Escort MkI 2.3. Glen Uytebogaardt slaag daarin om die derde plek te eien in sy #66A Cross Cape Forklift Sevices Ford Granada Peranan V8 met Eric van der Merwe vierde in die Black Widow #89 Lynx Motorsport Porsche 944 Turbo.


Boetie van Zyl vyfde in sy Extreme Auto #72 Ford Fairmont GT351 met Jarryd Evans sesde in die #414 Cape Eye Laser Ford Capri MkI V6. Louis Powell sewende in die #151A Engine Hero Ford Escort MkI met die #441B Cape Eye Laser Ford Escort MkI van Brian Evans agtste. Bruce Avern-Taplin negende in sy haastige #77B Toyota Corolla Sprinter 1.8 en die top tien afgerond deir Wayne Lötter in sy #120CLotspeed Ford Escort MkI 2.0.


Jacques Blom wen klas D in sy #124 Speed bandit Ford Sierra 2.0 terwyl Calvin Beekman klas E wen in die bykans onstuitbare Rob Tissington #42 Morris Minor 1293cc. Goed genoeg om die Morris te laat seëvier as die 2025 algehele en voor 1980 Klaude Klassieke Kampioen. Voor sitter Robert Rowe die Voor 1990 Kampioen in sy Veldt Reared #11 BMW E30 325i.


Kaltron Fine Cars 2×9 Rondtes
Sekerlik die moeilikste reeks om inskrywings in te bepaal want met feitlik elke motor teenwoordig ook padwaardig word hul in soveel rolle aangewend dat wedrenne op Killarney amper ‘n bysaak is. Die geharde deelnemers soos Natasha Tischendorf, Günther Appelgryn en Roger Lewis net nie genoeg om op hul eie die reeks te laat slaag nie.


Lee Moulden wen algeheel op die baan sowel as op Indeks van Verrigting met die #28 Lambert Racing VW Scirocco met die #2 MGA 1.6 van Roger Lewis in die tweede plek. Dave Alexander derde in sy #91 Piripiri Racing MGA 1.6 en in die vierde plek was dit die #122 Jaguar S Type 3.0 van Jakes Wallage. Kampioen vir 2025 is egter Natasha Tischendorf met haar #285 VW Jetta Cli 1.8.


BAT Tech STC 650 and SSP 300 MC 2×9 Rondtes
Die motorfietse wat byt, want hier is geen reserwes nie – dit is eenvoudig so vinnig as moontlik vir so lank as moontlik.
Troy Tonking wen op die baie stil STC650 #52 Suzuki met Abigail Bosson ‘n baie vasberade tweede algeheel op haar Project Sixty #51 Kawasaki ER650. Nicholas Hutchings het ondanks ‘n groot nuwe bytmerk in sy sitplek in Pertamina Fastron daarin geslaag om steeds derde algeheel te eindig op sy HSC Racing #72 Suzuki SV650 en hy is gevolg deur Max Munton op sy Mag Workshop #14 Kawasaki ER650. Lance Jonas voltooi die top ses op sy Samurai #83 Suzuki SV650.


James Luyt beindruk op sy SSP 300 RSARA #74 Kawasaki Ninja 400 met oorwinning oor Bradley Mustoe #7 CCHSA KTM RC390 met Mitch Robinson derde op sy #71 Mag Workshop Kawasaki Ninja 400.


Bejo Trustees Formule Libre 2×10 Rondtes
Met tye wil mens hierdie reeks as streekvlak Formule Vee beskou want dit is die kategorie wat dit laat slaag met ‘n verbete stryd aan die orde van die dag. Die motors se voorbereiding verbeter met elke byeenkoms en soos die ervaring groei raak al meer bestuurders betrokke by aanskoulike motorsport.


Met verskeie besoekers vanuit die noorde beindruk die reeks geweldig op die dag. Dee-Jay Booysen slaag ook daarin om sekerlik die mees skouspelagtige enkelsitplek insident ooit in Blocckoin oftewel Hoals Hoek te ervaar toe die agtertse remme op sy #20 The Burner Factory FVW Reynard teen sowat 230km/h gefaal het. Werklik groot verligting om hom ongedeërd uit sy motor te sien klim.


Byron Mitchell het oudergewoonte gewys wie is baas op Killarney deur sy #21 Dolphin Engineering FVW Reynard na oorwinning te stuur oor die soortgelyke Mint Wrapworks #77 motor van Jason Coetzee, die #27 motor van Storm Lanfear en die #57 motor van veteran Allen Meyer. Laasgenoemde het self skouspelagtig getol in Pertamina Fastron.


Jannie Gerber vyfde in sy unieke KTM Superduke 1290cc aangedrewe #42C Van Dieman RF97 met Albertyn Pienaar sesde in sy 10B F Super V 1.4i. Joshua Smit het plaaslike FVee trots verteenwoordig met sewende plek in sy #83 S&S Racing Rhema gevolg deur Richard Carr in sy #49 ERA Racing Rhema 2 en Kelly Fletcher in die #22 Dolphin Engineering Forza. Laasgenoemde self ook haar hand gewaag aan ‘n bietjie tydren oefening deur Pertamina Fastron.


API Property GTi Challenge 2×8 Rondtes
Aanskoulike wedrenne in elke klas word effe ontsier deurdat die resultaat gewoonlik nie finaliseer kan word sonder dat iemand gestraf word vir een of ander oortreding. Kanse altyd goed dat nie almal die geruite vlag sal haal nie. To finish first you first have to finish nie altyd goed verstaanbaar hier.


Schalk Geldenhuys #10A G&A Motorsport VW Polo R6 het die konstante aandag van Shane Williams #46 Würth VW Polo R6 die beste verwerk om uiteindelik die geruite vlag algeheel in te neem met Clinton Bezuidenhout derde in sy #57 Progress Precision Engineering VW Polo R6. Oliver Hintenaus het sy #76 Coastal Engineering Supplies VW Polo R6 motor heel tuisgebring in vierde plek met Ryan van Eden vyfde in sy #28 RVE Digital VW Polo R6. Of al die getamp en gestoot geregverdig is sal mens seker nooit weet nie.


Mohamed T Khalfey wen klas B in sy #14 Mad Performance VW Polo 6 met Zac Laden tweede in sy #64 Incledon Polo Sedan en Daniël Sandenbergh derde in sy #49 Eikestad Paneelklopeers VW Polo 6. Eugene Gelderblom vierde in sy #93 Mark’s Auto Care VW Polo en Shaun Liebenberg is vyfde in sy #75 DC Logistics VW Polo. Ejaaz Majiet sesde in sy #74 Cool Touch Racing VW Polo.


Daniël Munna wen klas C in die #33 API Property VW Golf MkI 1,8 met die #55 DVE Motorsport Golf van Dylan van Eden tweede, die #68 API Property Golf van Devon Dreyer derde en die #62 API property Golf van Dario Busi vierde. Ross Schroder vyfde in die #16 API Property Golf met Adriano Ferroli sesde in die #4 Ferroli Performance Centre Golf.
Pirelli V8 Masters 2×9 Rondtes
Owen Ashley se meesterstuk vir senior bestuurders, maar nie ‘n maklike perd om te tem en wanneer Fabio Tafani tuis is word die uitdaging om te wen beslis nog moeiliker. Marcel Angel, Sean Moore kom naby, maar niemand het nog werklik vir Tafani bedreig nie. “Power is nothing without Control” werklik ‘n gepaste leuse van Pirelli in hierdie reeks en die APV 347iS toets die spreukwoord met elke ren.
Mark Ridgway wen algeheel in die #53 getWorth APV 347is met Fabio Tafani tweede in die #1 Club Refrigeration weergawe en Gary Thomson derde in sy #17 inskrywing. Stuart Spooner #55 eindig vierde, Martin Bensch #16 vyfde en Alister Brown #22 sesde.
Hopenlik sal hierdie kategorie weer in die nuwe jaar ‘n voller veld uitlok om die reeks weer tot sy reg te laat kom. Jason Ibbotson was teenwoordig met die nuwe “GT3” weergawe, maar die #46 motor moes met gebreekte agtervering die aftog plaas na ‘n belowende begin.
Kaltron Supercars 2×9 Rondtes
Owen Ashley se eerste reeks oorleef tans met bestendige inskrywings en twee dominante rolspelers. Meer getalle en beter voorbereiding kan die reeks verlore glorie laat herwin.
Andrew Moffitt #39 en Glen Phillips #33 is die klas se standaard en een of die ander wen gewoonlik. Hierdie keer was dit Moffitt wat oorheers het terwyl Phillips moes onttrek aan een uitdun. Brad Fenner #9 eindig tweede met #24 Nashrené Schloss derde, Pierre Pienaar #7 vierde en Robin de Vos vyfde. Die top ses afgerond deur Kyle Hallick #31.

Pirelli SealPro Winelands SBK / SBKC / Masters / 600cc MC 2×9 Rondtes
Ongetwyfeld die mees indrukwekkende renne wanner die top deelnemers almal teenwoordig is want hier word niks weggesteek nie. Dit is ‘n skouspel wat groter erkenning verdien met betrekking tot borgskap en herinner aan die glorieryke era van Dave Petersen, Rodney Gray en vele meer.


Malcolm Rapson wys dat die ouer garde beslis nie onderskat moet word nie en wen algeheel op sy #46 Racebase Suzuki GSXR1000 met Eeden Heyns tweede op sy #82 Project Sixty BMW S1000RR en Ronald Slamet derde op sy #68 RSRA Kawasaki ZX10R. Michael du Toit byt vas vir vierde op sy #99 QuickPos Yamaha R1 met Zander Taljaard vyfde op sy 888 Suzuki GSXR750. Die top ses afgerond deur Juan van Dyk op sy #24 Project Sixty BMW S1000RR.


Coenie Botes het ‘n goeie vertoning effe ontsier deur die natuurskoon op sy sitvlak te beproef in Pertamina Fastron met die #84 Snap Change BMW S1000RR. Skade gering en hy kon terug ry na die kuipe.


BMW CCCT Race Series 2×8 Rondtes
Vind dit effe teleurstellend dat meer en meer ekslusiewe reekse tot stand bring. VW en BMW sekerlik tans die twee vervaardigers wat SA motorsport die beste ondersteun maar is hul dan so bang om teen mekaar mee te ding op die renbaan.


Fantasties om soveel motors in die reeks te sien en weereens is dit die kleiner klasse was aandag trek met goeie getalle en goeie mededinging.


Mansoor Parker wen in die #45 Parkers Parts BMW E46 M3 Turbo maar dit is Marco Retter wat die meeste beindruk deur die vinnige motor onder druk te hou in die tweede plek met sy 50C Progress Precision Engineering BMW E36 328i. Dexter bruce derde in die #143 B Tracktion BMW 1M en in die vierde plek was dit Daanyaal Coetze in die effens ligter #12D D Squared Supplies BMW E36 M3. Ernest Page vyfde in sy #19 ERA Racing BMW E36 328i en die top ses afgerond deur 14E Excelsior Air Brakes BMW E46 van Gary Manwaring (maar met Koos Swanepoel Jnr agter die stuur)

Gepubliseer deur Patrick Vermaak

Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.