Algoa was werklik ‘n fantastiese ervaring buiten die feit dat Squa nie daarvan gehou het om sonder ‘n voorwiel te bly staan tydnes die finale trajek. Kuier ‘n wyle in die Kaap en word netjies herstel deur acciDent Guru om net betyds gereed te wees vir die Riebeek Kasteel Tydren. Peer Röhm het verpligtinge wat Gobabis buite rekening laat in Namibië en Squa moet iewers getoets word.
So ‘n paar draaie op Acropolis buite Wellington en daar word notas voorberei vir Pieter en Leoné Steyn om hul debut te maak as span in die Swartland. Die Escort word behoorlik ge-escort na Die Hermitake Winery, Deli & Bistro wat sal dien as wegspring, dienspark en einde vir die Riebeek Kasteel Tydren.
Kort voor lank was dokumentasie afgehandel en het die atmosfeer effe stywer geword voordat die deelnemers nader geroep is vir hul verpligte voorligting en daardie gesogte wegspring orde. Sestiende op die pad vir die nuwelinge nie veel van ‘n bekommernis want die toestande was droog met die belofte van ‘n billike Noordwester deur die loop van die dag om die stof weg te waai.
Scuderia Squamata was gereed en die 1974 Ford Escort MkII 2.0 het regtig goed vertoon in die nuwe kleure en Pa en dogter was oorgehaal om die dag een sneltrajek op ‘n keer aan te durf met geen doelwit anders as om die eindpunt ongeskonde te bereik. Die diensspan was slaggereed met Anette “Mamma Beer” Vermaak, Marna “Mamma” Steyn en Elzaan Mostert in beheer van die gereedskap wat bestaan het uit iets om te drink en iets om te eet. Die drie jongelinge (Tyler West, Emke Neethling en Daniël de Wet) wat hul dienste aangebied het in die “kuipe” het was eerste aan boord van Thorsten Pey se Rover om te gaan tydren kyk vir die eerste keer. Anette en Marna al wat beskikbaar was as diensspan.
Sneltrajek een is oor ‘n afstand van 11.06km beslis en vir Pieter en Leoné was dit hul eerste geleentheid om saam tydren aksie te ervaar. Al die WBMK Gimkanan en Naeltydren ervarings was aangenaam, maar kon stteds nie werklik hierdie realiteite identifiseer nie. Die roete was skielik nie meer net een of twee kilometer lank en die roetenotas het nog taamlik Grieks gelyk tussen instruksies. Sneldeel een het nietemin die ys gebreek en hoewel daar sterk tekens van “nuweling” senuwees was in die Escort het hul vol moed vertrek na die tweede sneltrajek (gelukkig ‘n herhaling van die eerste).
Sestien sekondes vinnger en die gemoedere begin nou omskakel na suiwer adrenalien en plesier Escort en bemanning het mekaar begin verstaan en die diensspan was fluks teenwoordig om die stof af te was waar nodig. Dit natuurlik Anette, Marna en Elzaan want Tyler, Emke en Daniël was eerste in die Rover om koers te kies na sneltrajek vier.
Onderweg het ons die Knolfontein 90 links teen die heuwel op ‘n afstand besigtig met die herinnering dat Etienne Malherbe en ek destyds net daar gaan staan het met ‘n kokende Datsun (gelukkig darem nog met al sy wiele in plek). Die roete na die Libertas toeskouerspunt neem ons oor die drif waar Serge Damseaux die Castrol Toyota S200 so skouspelagtig neus oor stert gerol het en wat min van weet so ook die jong protegé’s van Berto Mostert in hul VW Polo. Laasgenoemde kombinasie het nie weer tot die sport terug gekeer end it laat mens net weer besef hoe vinnig dinge kan verkeerd loop. E my en Thorten daaraan herinner dat ons al baie jare in hierdie sport betrokke is.
Na die eerste twee trajekte het die 21 sterk veld gekrimp na 16 en was heelwat gunstelinge reeds oppad huistoe. Owen Jones (Ratkas), Warren Scholtz (Enjin Vuur), Inus du Plessis (Viskus), Werner Koekemoer (Ewenaar) en Rupert van Zyl (Enjin) kon nie verder aan die verrigtinge deelneem en Scuderia Squamata was aangenaam verras om hulself sesde algeheel op die tydkaarte te sien.
Pieter en Leoné het alles moontlik gedoen om hulself te weerhou van die versoeking om lepel in te l die tydkaarte te sien.
Pieter en Leoné het alles moontlik gedoen om hulself te weerhou van die versoeking om lepel in te lé want daar was enkele sekondes tussen die Escort, Trevor Hodges se Polo en Junayed Edas se Tazz. Hou by die doelwit en bring Squa veilig tuis en hulk om sonder enige klagtes aan by die Hermitake basis na sneldele 3 en 4. Weereens het Anette, Marna en Elzaan die Escort versorg en met slegs twee trajekte oor was dit tyd om darem net so bietjies litte los te maak.
Pieter en Leoné knip vyf sekondes af op Sneltrajek 5 (herhaling van die 12.25km S3) om 15 sekondes terug te trek op Trevor in die Polo. Hul het sowat een minuut afgestaan sneltrajek vier to hul ‘n afdraai te vinnig genader het en die Escort nie onmiddellik weer wou aanskakel nie. Hul balanseer verstandigheid met ‘n goeie laaste poging om 37 sekondes terug te trek oor 17.00km, maar dit is steeds ses sekondes kort op derde posisie.
Maar dan, dit was hul eerste tydren ooit as span, in ‘n vreemde motor op vreemde terrain en hul het gery met die doelwit om die eindpunt te bereik – nie om posisies n ate jaag. Vierde algeheel en die eerste agterwiel aangedrewe motor tuis beslis ‘n baie groot pluimpie vir die nuwelinge! En dan nog met ‘n 1974 Ford Escort!
Duidelik is Scuderia Squamata gereed vir hul volgende tydren en wie weet wat die toekoms inhou – dit was ongetwyfeld nie laaste keer wat hierdie Escort in die Kaap kom kuier het nie!
Wel gedaan!
Gepubliseer deur: Patrick Vermaak
Motorsport Suid-Afrika (MSA) publiseer mediavrystellings vanaf ’n verskeidenheid bronne op sy webwerf as ’n diens aan die sport. Weens die groot hoeveelheid inhoud is dit nie prakties moontlik om elke vrystelling vooraf te hersien of goed te keur nie. Sekere nuusitems en artikels word deur onafhanklike korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunte of sienings van MSA nie.