Select Page

Navigator vir verskeie bestuurders, uitgesproke en passievol oor die tydren sport.


Nog ‘n groot boom het ons vandag verlaat.


Dirkie Boonstra en Gerhard Kriel was welbekend in die Tolken Toyota Corolla en so het hy ook vir wyle Bruce Anderson-Terry navigeer in dieselfde motor. Pieter de Waal en Gerhard Kriel het ook saam gery in dieselfde Corolla en gerol in een van die kragtiger weergawes.


Die grootse insident van sy navigators loopbaan was sekerlik saam met wyle Johan Sauerman in die Datsun P510 1600 SSS. Gelukkiger tye was daar ook saam met wyle Bobby Twiss in die Hella P510 1600 SSS.


Gerhard het die Afrikaanse stem vir WP Tydrenne geword met die gewilde “In die Kaap” rubriek in die maandelikse Afrikaanse motor tydskrif Wiel voordat hy agter die mikrofoon ingeskuif het as kommentator in die Stan Weston “Stannic Van”.


Sy stem het stil geword, maar hy sal altyd deel wees van die WP Tydrenkampioenskap.


Rus in vrede Gerhard

Gepubliseer deur Patrick Vermaak

MSA publiseer mediavrystellings van verskeie bronne op ons webwerf as ’n diens aan die sport. Dit is nie prakties moontlik om elke vrystelling wat gepubliseer word, te keur of goed te keur nie. Sommige nuusberigte en artikels word deur korrespondente geskryf en weerspieël nie noodwendig MSA se sienings nie.